Is jou bediening ‘n laser of ‘n gloeilamp?

image_pdfimage_print

 

“If Christ is not all to you He is nothing to you. He will never go into partnership as a part Savior of men. If He be something He must be everything, and if He be not everything He is nothing to you.” C. H. Spurgeon

Is jou bediening ‘n laser of ‘n gloeilamp?

‘n Gloeilamp versprei ‘n sagte lig in alle rigtings, maar vir ‘n kort afstand; ‘n laser fokus net in een rigting, maar so ‘n straal kan teoreties oneindig reis. Net so is ons bediening ‘n gloeilamp of ‘n laserstraal.

Na sy opstanding gee Jesus aan sy dissipels ‘n opdrag wat soos ‘n laserstraal fokus: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels (Matteus 28:19). In die boek Handelinge word hierdie sending op tasbare maniere uitgewerk. Die dissipels het nog op ‘n gereelde basis bymekaargekom (Handelinge 2:42) en ook hulle prioriteite bepaal (Handelinge 6:4), maar die hart van die vroeë kerk was die maak van dissipels.

Geen wonder die kerk versprei van Jerusalem na Rome in net 30 jaar.

Wat het dit met bediening te doen? “There are far too many nice, little 60 watt ministries that do nice, little 60 watt activities and get nice, little 60 watt results.” (Greg Stier) Hierdie bedienings is soos ‘n gloeilamp – hulle kan skaars buite die kerkgebou gesien word. Laser-gefokusde bedienings het ‘n enkele obsessie – alles wat hulle doen, ondersteun hierdie een ding.

 

Greg Stier het die lig gesien toe die voorsitter van hulle raad vir hom gesê het: “We have four bull’s eyes (know, live, share and own) and we only have one arrow…we need to focus down to one thing.” 

Het jou bediening ‘n enkele fokus? Ondersteun alles wat jy doen daardie een ding? Stem hierdie een ding ooreen met die een opdrag wat Jesus aan sy dissipels gegee het? Indien nie, is dit nie tyd om te begin fokus nie?

 

image_pdfimage_print

You may also like...