Die seënuitsprake van Jesus (18)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (18)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang. Ons gaan verder met ons beskrywing van vergifnis.

 

As jy ‘n persoon help met ‘n enkele stryd, kan jy nie net na die probleem kyk nie, maar jy moet na sy algemene geestelike gesondheid kyk. As jy aandag gee aan jou algemene geestelike gesondheid stel dit jou in staat om spoed op te tel om oor die hekkie te kom en om jou besondere stryd te wen. Moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseêl met die oog op die verlossingsdag. Moet nooit verbitterd of opvlieënd wees of woedend word nie, moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Efesiërs 430 – 32).

 

Hier is ‘n aantal treë wat jou by vergifnis kan uitbring:

 

  1. Onthou dat die Heilige Gees in jou woon

Moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseêl met die oog op die verlossingsdag (Efesiërs 4:30). Jy mag dinge ondervind het wat baie moeilik is om te vergewe. Onthou altyd dat niemand nog ooit meer as God moes vergewe nie. Vergifnis mag buite jou vermoë wees, maar jy kry momentum on te vergewe as jy weet die Heilige Gees in jou aan die werk is.

  1. Moenie by jou probleem stilstaan nie.

Moet nooit verbitterd of opvlieënd wees of woedend word nie, moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie(Efesiërs 4:31).  Dit kom alles as jy jou seermaak vertroetel. Elke keer as jy daaroor nadink, blaas jy die vuur in jou siel aan. Met die hulp van die Heilige Gees doen dinge wat waar, eerbaar, rein, mooi en uitstekend is. Vul jou gedagtes met dinge wat prysenswaardig is. En jy vorder vinnig op die pad na vergewing (Filippense 4;8).

  1. Moenie baklei en stry nie

Moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. (Efesiërs 4:31). As ‘n verhouding probleme ondervind sal ‘n bakleiery oor wie wat gedoen sake net alles vererger. ‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie, inteendeel., hy moet vriendelik wees teenoor almal (2 Timoteus 2:24). Om rusie te maak, neem jou verder van die vergifnis wat jy soek. As jy iemand wil vergewe, moet jy verbitterdheid, rusie, vloek en skel uit die pad kry.

  1. Jy moet deernis hê met die persoon wat jou seergemaak het

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar (Efesiërs 4:32). Deernis is veral belangrik as die persoon wat jou seergemaak het geen idee het van wat hy gedoen het nie. Hy het dus geen berou nie. En geen sin van verantwoordelikheid nie. Hy is totaal onbewus van die pyn wat hy veroorsaak.  Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ‘n wagter het nie (Matteud 9:36). Jesus het deernis met die menigtes gehad, want hulle het nie eers geweet dat hulle verlore is nie. Die persoon wat teen jou gesondig het, mag net soos hulle wees. Lyding maak dikwels ons harte hard. Dit is nie noodsaaklik nie. God kan jou wonde gebruik om jou deernis te vermeerder. Dit bring jou nog nader aan vergifnis.

  1. Besef dat jy die vergifnis van ander nodig sal hê

Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het (Efesiërs 4:32). God sê nie: “Vergeef die persoon wat jou seergemaak het,” nie. Hy sê dat ons mekaar moet vergeef. Vergifnis gaan in beide rigtings. Daar is sekerlik dinge waarvoor jy ander om vergewing moet vra, maar die teenoorgestelde is ook waar. Maak nie saak hoe ver jy op die Christelike pad gevorder het nie, sal jy altyd in die posisie wees om te sê: Here wees my sondaar genadig. Ons het voortdurende vergifnis nodig.

  1. Waardeer jou vergifnis in Christus.

Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het (Efesiërs 4:32). God se vergifnis is die model en die motief vir ons vergifnis. Daarom beklemtoon Paulus hoe hy deur Christus vergewe is. Dink hoe God jou in Christus vergewe het – met vreugde, vryelik en volledig.. Dit was onverdiend, onomkeerbaar en ewig. Mag die kosbare geskenk wat jy by God ontvang het jou hart lei na aanbidding, wonder, liefde en lof. Dan is jou hart gereed om ander te vergewe, soos God jou in Christus vergewe het.

 

 

 

image_pdfimage_print