Die seënuitsprake van Jesus (24)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (24)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang..

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en Psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Hierdie laaste seënuitspraak verskil van die vorige sewe. Die eerste sewe beskryf die lewe wat God wil hê ons moet najaag. Hierdie laaste uitspraak beskryf die uitkoms wat ons kan verwag as ons ‘n goddelike lewe nastreef. Die Here identifiseer twee uitkomste:

  • Jy sal deur die wêreld vervolg word; en
  • Jy sal ‘n groot belonging in die hemel ontvang.

‘n Mens sou verwag dat Kain en Abel vriendelik teenoor mekaar sou wees, want hulle was immers broers. Maar Kain het vir Abel doodgemaaak. Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s’n reg (I Johannes 3:12). Abel is dood gemaak omdat hy geregtigheid nagestreef het.

Hierdie vervolging van gelowiges het nie by Abal geëindig nie. Josef is deur sy broers vervolg. Later beland hy in die tronk omdat hy reinheid nagestreef het in Potifar se huis (Genesis 37 en39). Moses word deur die mense wat hy uit Egipte gelei het, verwerp (Eksodus 17). Elia is verag en vervolg (1 Konings 18 – 19). Nehemia is teengestaan en verkleineer (Nehemia 4). Jeremia is in ‘n put gegooi (Jeremia 38). Daniël en sy drie vriende is in ‘n leeukuil gegooi (Daniël 3).

In die Nuwe Testament is Johannes die Doper onthoof (Matteus 140, Stefanus is gestenig (Handelinge 7), Johannes en Petrus beland in die tronk (handelinge 12). Dwarsdeur sy bediening is Paulus herhaaldelik vervolg (2 Korintiërs 11:16 – 33). Hierdie antagonisme teenoor die vroeë kerk was aanvanklik op die leiers gefokus. Later het dit na die lewens van die lidmate oorgespoel. God het julle die voorreg gegee om Chritus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly (Filippense 1;29). Ook die gemeente in Tessalonika het gely: Daarom praat ons met trots van julle in al die gemeentes van God en vertel ons van julle volharding onder al die vervolging en lyding wat julle moet verduur (2 Tessalonisense 1:4). Ook Petrus skryf aan sy lesers: geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie (1 Petrus 4:12). Lyding omdat jy ‘n Christen is, is normaal. Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God will lewe, sal ook vervolg word (2 Timoteus 3:12).

Die wortel van vervolging is die vyandigheid van die menslike hart teenoor God. Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. (Romeine 8:7).  Sondaars haat God en wanneer God se kinders meer soos Hy word en lewe, sal hulle ook gEhaat word. Jesus sê vir sy dissipels: As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg (Johannes 15:20). Iemand wat kwaad doen, haat immers die lig (Johannes 3:20). As die lig in jou is, moet jy nie vrwag dat die wêreld jou sal liefhê nie.

Thomas Watson identifiseer twee tipes vervolging:

  1. Vervolging van die hand wat intimidasie, geweld en selfs dood mag insluit; en
  2. Vervolging met die tong. Dit is waarna Jesus verwys as Hy sê: geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê (Matteus 5:11).

Niks van waardeis nog ooit bereik sonder om deur te druk ten spyte van moeilikhede nie. Moenie aanvaar dat teenstand, druk, frustrasie teleustelling of vrees ‘n aanduiding iS dat jy moet aanbeweeg nie. In die lig van die vyandigheid en gevaar wat ons in die lewe sal ondervind, sê Jesus dat ons so versigtig soos slange en opreg soos duiwe moet wees (Matteus 10:16). Christus het baie Vryheid aan sy dissipels gegee: As hulle julle in een dorp vervolg, vlug na ‘n ander een toe (Matteus 10:23). Vroeg in sy bediening lees ons dat die mense Jesus tot op die rant van die berg gebring het om Hom daar af te gooi. Maar dan lees ons: Maar Jesus het tussen hulle deurgeloop en weggegaan (Lukas 4:30). Jesus se voorbeeld leer vir ons dat soms moet jy bly ten spyte van gevaar, maar soms moet jy weggaan.

Hoe besluit jy wanneer om te gaan en wanneer om te bly. John Bunyan hanteer hierdie vraag in sy boek Seasonable Counsel of Advice to Sufferers. Bunyan het geweet wat dit beteken om vervolg te word. Omdat hy geweier het nie te preek nie, beland hy vir 12 jaar in die trunk. In die trunk skryf hy The Pilgrim’s Progress. Hy noem ‘n paar voorbeelde uit die Bybel:

  • Moses vlug na Midian na hy ‘n Egiptenaar doodgemaak het (Eksodus 2;15). In Hebreërs 11: 24 – 26 lees ons: Omdat Moses geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter. Hy het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te hê. Die smaad ter wille van die Christus het hy ‘n groter rykdom geag as die skatte van Egipte, omdat hy na die belonging uitgesien het.
  • Dawid het ontsnap toe Saul sy manne gestuur het om hom dood te maak, maar hy wier om Saul dood te maak toe hy die geleentheid dartoe gehad het (1 Samuel 24:8).
  • Paulus ontsnap Toe sy lewe bedreig word. Maar hy gaan na Jerusalem wetende dat hy gevang sou word en sou ly (Handelinge 20:22 – 23).

Vroeg in sy bediening het Jesus onttrek as die skares om Hom saamgedrom het, maar toe die mense met stoKke en swaarde kom om Hom gevange te neem, gee Hy Homself oor in die hande van sy vyande (Markus 14:43 – 50).  As jy moet besluit hoe jy moet optree as jy voor teenstand staan. Jy het Vryheid.  Die person in hierdie situasie is in die beste posisie om oor die regte optrede te besluit. Jy doen dit deur ‘n sterkte-toets en ‘n hart-toets te gebruik. Kyk na jou huidige sterkte en na die hart se inklinasie.

As jy in een plek vervolg word, gee God aan jou die Vryheid om na ‘n ander plek te beweeg. Soms is dit reg om te bly en soms is dit reg om aan te beweeg,

Volgende keer gaan ons nag groot seen en groot belonging kyk.

 

image_pdfimage_print