Dink na oor jou verantwoordelikhede

image_pdfimage_print

 

Biblical accountability is first and foremost an arm around the shoulder, not a finger pointing in the face. —Burk Parsons

 

Dink na oor jou verantwoordelikhede

The secret to succees is determined by your daily agenda –  John Maxwell

Mense hou daarvan om besig te wees – om ‘n lang te-doen lysie te hê. Baie mense bepaal hulle selfwaarde aan die aantal inskrywings in hulle dagboek. Almal is besig, maar was almal van hulle produktief? Baie voel vir al die energie wat hulle ingesit het, moet hulle eintlik meer uitgekry het. Die groot aantal verantwoordelikhede het hulle doeltreffendheid verminder in plaas van verbeter.

 

John Maxwell sê dat ons hierdie probleem kan oplos deur drie vrae te vra.

 

  1. Watter verantwoordelikhede het ek aanvaar?

Daar is sekeres soos eggenoot of ouer of werknemer wat ononderhandelbaar is. Daar is ander verantwoordelikhede wat ietwat onder die radar is. Jy het hulle aanvaar uit pligsbesef of omdat dit ‘’n geleentheid bied. Dit is hierdie verantwoordelikhede wat jou energie en passie tap, want hulle is geneig om te vermeerder. Jy moet hulle en die groot verantwoordelikhede op ‘n lysie plaas. Skryf hulle neer. Dit lei nou tot die volgende twee vrae.

 

  1. Watter verantwoordelikhede kon iemand anders gedoen het?

Merk alle verantwoordelikhede wat deur iemand anders gedoen kan word. Jy sal meer merkies kry as wat jy verwag het. Elkeen van hierdie regmerkies beteken:

  • Dit is ’n verantwoordelikheid wat ek nie hoef te doen nie en
  • Dit is ’n verantwoordelikheid wat jy vir iemand anders kan gee.

Baie mense aanvaar verantwoordelikhede omdat hulle dink dat hulle dit moet doen, terwyl iemand anders dit kan doen – dalk selfs beter kan doen.

 

  1. Watter verantwoordelikhede moes iemand anders gedoen het?

Kyk na die merkies op jou lysie. Watter verantwoordelikhede sou iemand met meer tyd, vaardighede of kennis beter kon gedoen het? Die moeilike deel is natuurlik om iemand anders te kry om daardie verantwoordelikhede oor te neem. In baie gevalle mag hierdie nuwe verantwoordelikhede vir iemand in sy ontwikkeling help. Gaan jy nie die indruk skep dat jy lui is nie. Deur van sekere verantwoordelikhede ontslae te raak, beteken dat jy nuwe verantwoordelikhede wat net jy kan doen, kan aanvaar. Dit mag selfs beteken dat jy groter verantwoordelikhede kan aanvaar.

 

Dit is nog vroeg in die jaar. Sorteer jou verantwoordelikhede uit sodat jy tyd het om dit wat werklik saakmaak te doen.

 

 

image_pdfimage_print