Dissipelskap: Die rol van die kerk

image_pdfimage_print

To laugh often and much; to win the respect of intelligent people and the affection of children; to earn the appreciation of honest critics and endure the betrayal of false friends; to appreciate beauty; to find the best in others; to leave the world a bit better, whether by a healthy child, a garden patch or a redeemed social condition; to know even one life has breathed easier because you have lived. This is to have succeeded.  ~ Ralph Waldo Emerson

 Dissipelskap: Die rol van die kerk

Daar word baie geskryf oor dissipelskap. So byvoorbeeld het twee boeke onlangs verskyn: Follow Me van David Platt en Multiply van Francis Chan. Ook op heelwat blogs word daar geskryf oor hierdie onderwerp. Ek het besluit om ‘n reeks oor dissipelskap te skryf waarin ek gebruik maak van hierdie boeke en verskeie blogs. Die sentrale tema van al hierdie geskryf, is dat ons dissipels is en dat ons dissipels moet maak.

Die Westerse kultuur lê klem op die individu. Ons helde is sterk manne wat selfversorgend is – hulle loop alleen. Dieselfde gebeur ook in die kerk. Elke individu moet Jesus Christus se opdrag om Hom te volg, gehoorsaam, maar ons kan Hom nie as individue volg nie.

Ons kan nie dissipels los van Jesus Christus se kerk maak nie. Kyk net na al die mekaar stellings in die Nuwe Testament. Ons kan nie sê dat ons Jesus Christus volg as ons sy kerk verwaarloos nie. Hy het sy roeping aan sy kerk toevertrou.

 Ons kan nie God se kerk verkleineer nie. Die kerk is nie ‘n sosiale klub of ‘n gebou of ‘n opsie nie. Die kerk is God se strategie om die wêreld te bereik – geen Plan B nie. Ons is so geneig om aan geboue en programme te dink as ons van die kerk praat. Wat vir God belangrik is, is ons interaksie met mense wat Hy op ons pad geplaas het.

 In die Bybel word 114 keer na die kerk verwys – in meer as 90 gevalle verwys dit na die plaaslike gemeente en nie na die globale kerk nie. Hoekom leef ons dan so graag los van die kerk?

  • Ons vertrou op onsself; ons is selfversorgend. Ons hou nie van wedersydse interafhanklikheid nie; nog minder van aanspreeklikheid teenoor mekaar.
  • Ons is op soek na die volmaakte kerk. Ons loop van die een na die ander kerk en is elke keer teleurgesteld. Daar is nie ‘n volmaakte kerk bestaande uit volmaakte lidmate nie.
  • Ons het in die kerk seergekry.

 ‘n Dissipel wat dissipels maak wy sy lewe saam met ander medegelowiges aan ‘n gemeente. Dit is waar ons saam met ander gelowiges kan groei en mekaar liefhê – waar ons ons liefde vir God en ons naaste kan uitleef.  Maar ook waar ons mekaar se laste kan dra. Daaroor meer volgende keer.

 

image_pdfimage_print

You may also like...