Droom jy?

image_pdfimage_print

 

Faith lives on prayer, indeed, faith is nothing but prayer. The moment we really believe, we are already praying, and when we cease praying we also cease believing. –  Emil Brunner

 

Droom jy?

Mense wat drome het, kan vlieg. As jy ophou droom begin jy doodgaan. As jy jou drome najaag, begin jy jou drome leef. As jy jou droom van alle drome ontdek, ontwikkel jy vinnig. Maar: jy het net een lewe om jou droom te ontdek en te volg.

 

Waar kry ons ons drome? Dink jy ooit daaraan dat God vir jou drome gee? Mense wat groot dinge in die lewe bereik het, is deur hulle drome gedryf. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is Martin Luther King – I have a Dream.

 

Wat is jou droom? As jy jou droom ontdek het, wy jy jou lewe daaraan toe. Dan val al die ander dinge in plek. Jou beste drome neem ten volle besit van jou – dit los jou nie. Jy droom groot drome, want dit is hoe God met jou praat – Hy sê vir jou wat Hy wil hê jy in jou lewe moet bereik.

 

Godsdiens is nie genoeg nie. Om lidmaat van die kerk te wees, is nie genoeg nie. Al wat voldoende is, is Jesus Christus. Maar ek kan net by Hom kom, as ek Hom volg. Daarom moet ons ons lewens vir Hom gee en ons drome word ‘n werklikheid.

 

Wat beteken dit om Hom te volg?

  • Om Jesus Christus te aanvaar is nie voldoende nie – dit is net die begin. Hy verwag meer van ons: ons moet ons hele lewe aan Hom oorgee.
  • Geestelike dissiplines (Bybellees, bid, nadenke, ens) het ‘n plek in ons lewens. Maar ons moet altyd onthou dat dit slegs ‘n manier is om ‘n hoër doel te bereik. Self is hulle nie die doel nie. Dit is nie voldoende nie. Wat nodig is, is dat ons ons volkome aan God oorgee.

 

Laat God se droom vir jou en jou lewe jou lewe oorneem. Volg Hom.

 

 

image_pdfimage_print