Woorde uit die Bybel – Die duiwel (2)

image_pdfimage_print

The pain of humiliation is more bitter than death. Therefore, one should rather fling himself into a fiery furnace than humiliate someone in public – Talmoed

 

Woorde uit die Bybel – Die duiwel (2)

When I use a word it means just what I choose it to mean – neither more nor less – Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 In die vorige gedeelte oor die duiwel het ons gepraat van oorlogvoering en wapens en terugveg. Voordat ons na God se wapenrusting kyk net twee dinge:

  • Ons hoef nie bang te wees vir die uitslag van hierdie geveg nie. Die duiwel is klaar oorwin. God sal julle nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het. Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur wat jou as Christen van balans af sal gooi nie. As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry, sal God jou help om die regte besluit te neem en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het (1 Korintiërs 10:13)
  • Die duiwel vlug as ons weerstand bied. Verklaar die duiwel vyand nommer een in jou lewe en gee hom nie ‘n enkele kans nie. Hy sal dan van jou af padgee omdat hy niks kan regkry nie (Jakobus 4:7)

 Paulus maak dit duidelik dat ons nie hier met ‘n oorlog tussen mense te doen het nie – ons moet teen die onsigbare geestelike magte van Satan veg. Dan beskryf hy God se wapenrusting:

  • Die belt om jou middel = die waarheid
  • ‘n Staal borsplaat = die wete dat God jou van al jou sondes vrygespreek het.
  • Die skoene aan jou voete = gereedheid om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring.
  • ‘n Skild om die giftige aanvalle van die Bose te keer = geloof, die intieme verhouding met die Here.
  • ‘n Ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm = die wete dat jy gered is.
  • ‘n Swaard = die boodskap van God wat die Heilige Gees aan jou gee om die stryd mee te voer.

Wat baie interessant is, is dat hier niks is om die rug te beskerm nie. Is dit omdat daar geen beskerming is as ons sou weghardloop nie?

 Moenie toelaat dat hy (die duiwel) julle geestelike fondamente skud nie. Laat dit vir julle ‘n troos wees: daar is Christene oor die hele wêreld wat as Christene dieselfde dinge as julle ly omdat hulle dieselfde stryd as julle stry. Hierdie swaarkry as Christene sal nie meer so lank aanhou nie … al ly julle nou ‘n rukkie sal God self vir julle ‘n ereplek by Hom gee. Hy sal vir julle al die krag gee wat julle nodig het, sodat niks en niemand dan meer iets aan julle sal kan doen nie (1 Petrus 5:9 – 10).

 

Volgende keer begin ons met ‘n bespreking oor genade.

 

image_pdfimage_print

You may also like...