Ek sal jou weg toemaak

image_pdfimage_print

 

If you sincerely believe a lie, you will suffer the consequences. You must not only be sincere, but you must be right. ~C.H. Spurgeon

 

Ek sal jou weg toemaak

Daarom, kyk, Ek sal jou weg met dorings toemaak (Hosea 2:5)

God se Ek sal kom dikwels in konflik met my wil. In plaas van nie my wil nie, maar u wil, keer ons dit om: laat my wil en nie u wil geskied nie. In plaas daarvan dat ons vir God vra wat Hy wil hê ons moet doen, dink ons aan wat Hy vir ons kan doen.

 

Hosea se groot probleem was die ongehoorsaame “ek wil” van Israel. Hier skilder Hosea vir Israel as ‘n vrou met ‘n volmaakte eggenoot. Liefdevol bring hy alles wat sy nodig het. Hy maak die deur oop; Hy sorg dat daar brood, water, wol en olie op die tafel is. Sy neem alles en pak dit weg. Maar dan loop sy by haar eggenoot verby sonder om eers “dankie” te sê. Sy loop by die deur uit en sê: Ek gaan na my minnaars toe. Dit is hulle wat sorg dat ek brood en water, wol en vlas, olie en drank het.

 

Israel neem die geskenke wat in liefde gegee is, maar ignoreer die Gewer. Nog erger: sy sê die geskenke kom van die vyande van die liefdevolle Gewer.

 

Het hierdie toneel nie al dikwels in ons lewens afgespeel nie? Die Here was die volmaakte Eggenoot vir jou en het jou ryklik geseën omdat Hy jou liefhet. Jy het sy geskenke aanvaar en Hom geïgnoreer. Hoe dikwels stap ons nie by geleenthede om Hom te aanbid verby nie om wêreldse plesier na te jaag. Is hulle jou minnaars? TV? Sport? Jou beleggings? …

 

Ons moet ons rug keer op dit wat ons Van Jesus Christus weglei. Deur sy genade besluit om agter jou Minnaar aan te gaan.

 

 

 

image_pdfimage_print