Faktore was Kerkgroei beïnvloed

image_pdfimage_print

We are not diplomats but prophets, and our message is not a compromise but an ultimatum. —A.W. Tozer

Faktore was Kerkgroei beïnvloed

Op Amazon.com is daar 25 000 boeke in die kategorie kerkgroei – en hierdie beweging is maar 40 jaar oud. Daar is net 6 900 boeke in die kategorie kerkvernuwing.

Met so baie boeke oor kerkgroei kan ‘n mens met reg vra: Is daar enige konsensus? ‘n Onlangse studie ontdek daar is 115 verskille faktore wat gemeentes laat groei. Net ses faktore word deur 70% van die skrywers genoem. Wat is hierdie faktore?

 

  1. Geestelike dinamika. Wat is dit: dit sluit in sterk geloof, toewyding aan die Bybel, Christus-gesentreerd, passie, bemagtig deur die Heilige Gees, persoonlike gebed, liefdevolle verhoudings, klem op geestelike dissiplines en gehoorsame lewens.
  2. Doeltreffende evangelisasie. Gemeentes moet nuwe mense vir Christus bereik as hulle wil groei. Wat sluit ons hierby in?  Kommer oor behoeftes, begeerte vir bekeringsgroei, fokus op gesinne, ondersteuning van nuwe dissipels, fokus na buite en opleiding in evangelisasie.
  3. Strategiese beplanning. Groeiende gemeente glo dat dit wat gemeet word, verbeter. Groeiende gemeentes maak planne en meet die resultate. Dit sluit in dinge soos besluitneming, funksionele fasiliteite, evaluering, stel doelwitte, ens.
  4. Uitmuntende leierskap. Wat sluit dit in? Doeltreffende gebruik van gesag, gewilligheid dat ander lei, verwagting van groei, probleemoplossing, heg waarde aan voortgesette leer, motivering, ens.
  5. Produktiewe assimilasie van nuwe nuwe mense in die lewe van dieHulle help nuwe mense om hulle geestelike gawes te bepaal. Nuwelinge moet gou ingeskakel word, kleingroepe, opleiding vir bediening, ens
  6. Inspirerende aanbidding – insluitend prediking, musiek, atmosfeer, ens. Dit gaan oor ‘n leraar wat lief is vir mense, Bybelse prediking, geestelik lewendig, spanbediening, kontekstueel toepaslik, ens. 
  7.   Pas die Ou Testamentiese wette en rituele waarmee weggedoen is of wat vervul is, steeds toe. Hier dink ons aan die voedselwette, die offerrituele, kleredrag, ens. Ons moet hulle nie weer herinstel nie. 
  8. Ons sien nie vir Jesus Christus in die Ou Testament raak nie. Die Ou Testament praat van, getuig van, wys na Jesus Christus. Jesus Christus het dit self bevestig.
  • Lees die Bybel uit konteks. Jy moet vooraf die konteks en geskiedkundige omstandighede van elke boek bepaal – vir wie is die boek geskryf, wanneer is dit geskryf, ens.
  • Lees die Bybel sonder om dit jou eie te maak. Ons gaan na die Bybel en soek inligting wat op ander mense van toepassing is – nie dit wat op jouself en jou lewe van toepassing is nie. Jy moet die Bybel vanuit jou persoonlike hoek lees.

Vir baie van ons word Bybellees ‘n werk en nie ‘n vreugde nie. Die woorde is droog; ons gedagtes dwaal; die bladsye  is leeg. Dan moet jy seker maak dat jy hierdie foute vermy.

image_pdfimage_print