God se woord en die kerk

image_pdfimage_print

 

Winning arguments does not create spiritual transformation. —Paul Wartman

 

God se woord en die kerk

Baie kerke verkeer in ‘n krisis. In baie gevalle kan ons nie tussen die kerk en die wêreld onderskei nie. In kerke val die klem al hoe meer op geld, aktiwiteite en baie mense. ‘n Mens kan hulle amper ‘n spesiale soort klub noem. Hoekom het dit gebeur? Kerke het hulle liefde vir en vertoroue in God se woord verloor. Hierdie mense dra steeds Bybels; hulle gebruik steeds Bybelverse vir hulle preke. Die Bybel is nou ‘n bron van selfhelp advies. Kerke wat nie meer die woord ernstig opneem nie, sal vind dat God hulle verlaat het.

 

Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing (Kolossense 3:16). Paulus sê nie net dat die woord van God in ons moet bly nie, maar wys vir ons hoe dit lyk.

  1. Word deur die woord onderrig; leer en onderrig mekaar; word met wysheid gevul

Die woord moet geleer en toegapas word. Die kerk moet sulke leer en onderrig fasiliteer deur sy prediking, Bybelstudie of gesprekke. Dit gaan nie net oor inligting wat ons uit die woord bymekaarmaak nie. Ons sal so sy wil duideliker leer ken (Kolossense 1:9). Hierdie wysheid sal ons prioriteite herrangskik. Uit die Bybel leer ons alles wat ons nodig het vir ons verlossing.

 

  1. Paulus roep ons op om die woord tot eer van God te sing

Sang is ‘n manier om die wysheid van God diep in ons harte en gedagtes te plaas. Sang help ons om die waarheid en ons emosies met mekaar te verbind. Dit is waar ons dikwels die verborge skatte van wysheid en kennis ontdek. Daar is egter ‘n voorwaarde: die inhoud van ons liedere. Oppervlakkige liedere wat mekaar herhaal, is van min waarde. God het aan ons ‘n liedboek gegee – die psalms.

 

  1. Die gevolg van die woord is toenemende dankbaarheid

As die woord van God in ons leef, sal ons lewens van dankbaarheid leef. As ons leer en nadink oor alles wat Christus vir ons gedoen het, sal ons met dankbaarheid gevul wees.

 

Ons het vandag meer as ooit tevore nodig dat die woord van God in ons lewe. Dan sal kerke weer die ware liggaam van Christus word soos God dit bedoel het.

 

 

 

image_pdfimage_print