Het Jesus bloed gesweet in die tuin van Getsemane?

image_pdfimage_print

 

“People need to be reminded more than they need to be instructed.”   Samuel Johnson

 

Het Jesus bloed gesweet in die tuin van Getsemane?

‘n Leser vra vir Lee Strobel of Jesus werklik bloed gesweet het toe Hy in die tuin van Getsemane gebid het of is dit maar net beeldspraak?

 

Lee Strobel antwoord: Dr Alexander Metherell is ‘n geneesheer en kundige oor Jesus se kruisiging. Hy sê daar is ‘n bekende mediese toestand wat as hematidrose bekend staan. Dit is nie algemeen nie, maar kom voor in gevalle van erge sielkundige stres. Die oorsaak is dat onder erge spanning die liggaam chemilalië vrystel wat die klein bloedvaatjies in die sweetkliere afbreek. Dit lei tot ‘n klein hoeveelheid bloeding in die sweetkliere. Sweet gemeng met bloed kom dan vry. Dit is baie klein hoeveelhede wat so vrygestel word.

 

Baie interessant is dat dit juis Lukas, die geneesheer, was wat hierdie verskynsel raakgesien het. Die direkte vertaling van die Interliniêre Bybel lees soos volg: Hy was in angs en het nog vuriger gebid en sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val (Lukas 22:34).

 

Jesus se angs was sekerlik voldoende en kon hierdie mediese toestand veroorsaak het. Die Journal of Medicine het 76 gevalle van hematidrose ondersoek. Hulle bevinding was dat die algemene oorsake akute vrees en intense bepeinsing was.

 

Maar watter effek sou dit op Jesus gehad het? In gevalle van hematidrose word die vel breekbaar. Toe die soldate vir Jesus geslaan het, sou Jesus se vel baie sensitief gewees het.

 

Hoekom sou Jesus gewillig die lyding in Getsemane, die geseling en die kruisiging  verduur het?  Liefde.

Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was (Romeine 5:8).

 

 

 

image_pdfimage_print