Hoe kan ek glo in ‘n God wat mense hel toe stuur?

image_pdfimage_print

Hoe kan ek glo in ‘n God wat mense hel toe stuur?

Baie mense sukkel om te glo in ‘n God wat onskuldige mense laat doodmaak het. Hulle verwys hiermee na die inname van Kanaän. Om deur die boek Josua te lees, is soms moeilik. God roep mense op om die land skoon te maak. Ons moet onthou dat die mense wat skoongemaak is nie onskuldige mense was nie.  God verklaar hier oorlog op mense wat afgode aanbid het en gewelddadig was.

 

As ons probleme het met ie God van oordeel van die Ou Testament gaan ons nog meer probleme met Jesus hê. As Jesus terugkom staan die dooies op en verskyn voor sy troon. Hy skei dan die skape van die bokke. Die skape word verwelkom in die ewige lewe en die bokke word veroordeel tot ewige straf.

 

In Openbaring word Jesus voorgestel as die Lam op die troon; die eerste en die laaste; die Lewende; dié Een wat die sleutels van die dood en hel hou. Hy kom as die Ruiter op die wit perd om sy vyande te vernietig. Hy is die regter wat Satan en al die goddelose in die meer van vuur sal gooi. In ons huidige kultuur is dar min van God se heiligheid en geregtigheid oor. – ons sit en oordeel Hom oor wat Hy in hierdie heilige oorloë gedoen het. Daarom hoor ons mense sê: “As dit die soort God is waarin jy glo, wil ek niks met Hom te doen hê nie. Maar ek hou van Jesus.”

 

Meeste mense sal aanvaar as dit by God se oordeel kom dat dit opvoedkundig is – ‘n genesende soort vonnis. Onthou dat die God wat vir jou sê wat vir jou voorlê as jy nie in Jesus Christus glo en op hom vertrou nie, is dieselfde God wat sy enigste Seun gestuur het vir ons sondes Jy kan niemand behalwe jouself blameer as jy nie nou na Christus in geloof draai nie.

 

 

 

image_pdfimage_print