Het ons ons godsdiens afgewater? Die Kerk (5)

image_pdfimage_print

Those who cannot forgive others break the bridge over which they themselves must pass. -Confucius, filosoof en leermeester (c. 551-478 BCE)

Het ons ons godsdiens afgewater? Die Kerk (5)

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Ons het gesien dat die kerk ‘n gemeenskap van Christene is wat genoeg vir mekaar omgee om mekaar te dissiplineer. Maar baie van ons is huiwerig om ons lewens op so ‘n wyse te deel – ons is bang vir betekenisvolle lidmaatskap van die kerk.

Daarom kry ons dat mense van kerk tot kerk loop op ‘n Sondag. Ons verskoning: ons is deel van ‘n wêreldwye kerk; ons is tog onafhanklik. Die idee van wedersydse onderwerping, aanspreeklikheid en interafhanklikheid is vir ons vreemde begrippe. Ons kyk waar ons die beste produk teen die beste prys kan kry! Baie Christene beskou lidmaatskap as ‘n onnodige formaliteit. Daar was ‘n stadium wat lidmaatskap belangrik was, maar nie meer nie. Die probleem is dat ons in elke kerk wat ons besoek iets verkeerd sal kry.

In 1 Korintiërs 12 gebruik Paulus die beeld van die kerk as die liggaam van Jesus Christus. Hy verwys ‘n hele paar maal na Christene as lede van hierdie liggaam. Ons glo dikwels dat hy hier na die globale kerk verwys. In die Nuwe Testament word die woord ekklesia 114 maak gebruik – in negentig gevalle verwys dit spesifiek na die plaaslike geloofsgemeenskap – die plaaslike gemeente. In 1 Korintiërs 16:9 verwys Paulus spesifiek na die gemeentes is die provinsie Asië. Gelowiges is almal lede van die plaaslike liggaam. Nooit in die Nuwe Testament lees ons van volgelinge van Jesus Christus wat nie deel van die plaaslike kerk is nie. Die briewe word aan mense wat op ‘n spesifieke plek saamgevoeg is as ‘n gemeente gerig.

Is ek en jy aan ‘n spesifieke gemeente gekoppel? Hierna moet ons volgende keer verder kyk.

image_pdfimage_print

You may also like...