Hoekom het Jesus gekom?

image_pdfimage_print

 

He who is dying of hunger must be fed rather than taught – Thomas Aquinas

Hoekom het Jesus gekom?

Larry Osborne het ‘n baie interessante boek, Accidental Pharisees, geskryf. Ek gaan ‘n paar blogs daaraan spandeer.

 

Sy doel was om God se koninkryk uit te bou; om verlossing te bring aan mense wat vantevore uitgesluit was. Hy het gekom om die verlorenes te soek en te vind – insluitend mense wat ander nie wou uitnooi nie. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is (Lukas 19:10). Alles in Jesus se bediening was daarop gerig om verlosssing en kennis van God meer toeganklik te maak. Dit begin by sy menswording; die keuse om Galilea sy huis te noem – nie ‘n gerekende plek nie; die dissipels wat Hy gekies het. Niks was elitisties nie. Alles was eenvoudig, toeganklik en binne bereik van die tipiese man, vrou en kind. Toe Jesus sterf, stuur God ‘n boodskap van toeganklikheid – die voorhangsel in die tempel skeur. Wat eens simbool van die grens  tussen God en mense was, word nou die simbool van openlike toegang vir almal.

 

Nie almal waardeer dat Jesus dinge toeganklik maak nie. Godsdienstige elite het eeue spander om ‘n ingewikkelde geestelike hindernisbaan te bou – buite-Bybelse reëls, tradisies, streng intellektuele vereistes verseker dat net ‘n uitgesoekte groepie dit maak. Hulle hou niks daarvan dat Jesus vir almal ‘n kortpad aanbied nie. Hulle was teen mense wat Hy in sy koninkryk ingesluit het – Hy ignoreer hulle definisies van toegewyde geestelikheid. Hy weier dat hulle kan kies wie in sy koninkryk ingenooi gaan word – en die basis waarop hulle toegelaat sal word.

 

Dieselfde gebeur vandag. Mense wat strenger toelatingsvereiste vra, is dankbaar dat hulle ‘n Verlosser het – solank hulle net kan besluit wie Hy moet verlos.

Jesus het meer gedoen om groot skares te trek as om hulle uit te dun. Mense het nie gekom omdat hulle na God gehonger en gedors het nie – hulle kom omdat hulle berigte gehoor het van ‘n heilige Man wat siekes genees het, blindes laat sien het, bose geeste uitgedryf het, melatses genees het selfs dooies opgewek het. Jesus sê hulle nie sleg oor hulle verkeerde motiewe nie. Hy gaan nie na die woestyn om te sien of hulle nog toegewyd is nie. Hy het deernis met hulle; Hy genees die siekes; Hy vertel hulle van die koninkryk; Hy roep hulle op tot geregtigheid – dan beweeg Hy na die volgende dorp. Die skare was wispelturig – baie gaan huis toe. Toe hulle sien Hy gaan nie die Romeine omverwerp nie, skreeu hulle vir Barabbas. Tog gaan Jesus voort om massas te trek – hy gee aan hulle ‘n onverdiende kans.

 

Mense wat ‘n meer radikale kerk verlang, beklemtoon hoe moeilik en uitdagend dit is om Jesus Christus te volg eerder as om die goeie nuus van sy genade te beklemtoon. Hulle soek ‘n bediening wat meer soos dié van Johannes die Doper as Jesus s’n lyk

 

image_pdfimage_print