Hoekom verlaat vroue die kerk?

image_pdfimage_print

 

The sermon which does not lead to Christ … will make the devils in hell laugh, but make the angels of God weep. —C.H. Spurgeon

 

Hoekom verlaat vroue die kerk?

Die kerk moet leer om die professionele vrou vinnig te herken, te bemoedig en geestelik te lei. In ‘n studie deur Barna is bevind dat 27% van professionele Christenvroue besig is om hulle van die kerk los te maak. Sandra Crawford Williamson beklemtoon veral vier punte waarom hierdie vroue verkies om eerder tuis te bly.

  • Die voorbeelde wat die prediker gebruik is nie op vroue van toepassing nie – dit gaan oor mans in besigheid en huisvroue

Die sielkunde leer ons dat as ons nie onsself in ‘n beeld sien nie ons belangstelling verloor. Die professionele vrou in die kerkbanke moet sien en hoor dat hulle deel van die geestelike boodskap van die preek is. Dit moet ook betrekking op haar lewe hê.

 

  • Professionele vroue word onderbenut in die kerk

Hulle sien mettertryd dat hulle geestelike gawes nie erken en gerespekteer word nie. Maak nie saak wat hulle gawes is nie, hulle word of in die kombuis of in die kinderbediening gebruik Hulle dien nie op komitees nie al het hulle die nodige kundigheid. Net 20% reageer op ‘n oproep vir vrywilligers, want hulle word nie geroep om hulle gawes te gebruik nie.

 

  • Ek voel geïsoleer in die kerk, want ek pas nêrens in nie

Hulle sien ‘n klomp bedienings: pasgetroud, enkellopendes, die jeug, getroud met kinders, leë nes mense, geskeides, afgetredenes, ens. Sy sien nie waar sy inpas nie. Sy is ‘n vrou en ‘n besigheidsleier; haar daaglikse uitdagings is uniek, maar vir haar is daar geen unieke groep nie.

 

  • Die bestaande programme vir vroue pas nie in by haar werkskedule of behoeftes nie

Baie vroue sê hulle sal eerder by die mans se byeenkoms 06:00 in die oggend aansluit, want dit pas hulle skedule. Dit sal ‘n opskudding veroorsaak as sy daar instap. Baie gebeure vir vroue word tydens die dag geskeduleer – wanneer die professionele vrou dit nie kan bywoon nie.

 

Professionele vroue is ‘n belangrike groep in enige gemeente. Doen ons iets om hulle te behou?

 

image_pdfimage_print