Is konflik altyd sleg?

image_pdfimage_print

The Son of God became man that the children of men might become children od God – Martyn Lloyd-Jones.

 

Is konflik altyd sleg?

Daar is dikwels konflik tussen Christene. Ons glo dit gebeur nie, maar ons mislei onsself. Een vraag wat dikwels na vore kom as daar konflik is, is: Wat in die rol van die Heilige Gees as gelowiges verskil? Kom ons kyk na twee beskrywings van konflik in Handelinge – 6:1 – 7 en 15:36  – 41.

 

Die klagte was dat Griekssprekende weduwees in die daaglike versorging afgeskeep word (Handelinge 6). Die skema was goed – dit bewys deernis en versorging en maak mense daarvan bewus dat die kerk ‘n familie is. Dit is positief. Maar selfs goeie dinge kan verdeel. Dit word gou duidelik dat die Griekssprekende weduwees afgeskeep word.

 

In Handelinge 15 lees ons van die verskil tussen Barnabas en Paulus oor hoe om te reageer op Johannes Markus se vroeë verlating tydens hulle vorige sendingreis. Hier kry ons die klassieke persoon teen organisasie konflik. Barnabas is vir die persoon – gee hom ‘n tweede kans. Paulus is ‘n man vir die organisasie – dit is ‘n eer om ‘n sendeling te wees en daarom moet jy die standaarde hoog hou.

 

So wat leer ons uit hierdie konflikte?

  • As konflik jou laat vries …

Meeste mense hou niks van konflik nie. As hulle net daaraan dink, vries hulle. Maar God kan iets goeds uit die slegste omstandighede voortbring. Dit is die Josef-beginsel van Genesis 50:20: Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen. Hierdie twee situasies werk beide ten goede. Handelinge 6:7 som die eindresultaat van die konflik so op: Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs ‘n groot aantal priesters het gelowig geword.

 

In die Paulus-Barnabas dispuut oor Johannes Markus is daar nou twee in plaas van een sendingreis. Paulus, Barnabas en Markus het suksesvolle bedienings gehad. Markus skryf die evangelie en word later ‘n vertroueling van Paulus. Die konflik tussen Barnabas en Paulus lei ook daartoe dat Silas Paulus se metgesel word.

 

Hoe gebeur sulke positiewe uitkomste? Dit is tog nie altyd die geval nie. In konfliksituasies is beide Satan en die Gees aan die werk. Satan soek ‘n eindresultaat wat vernietig; die Gees soek versoening. Satan se motiewe is altyd negatief. Satan se doel in Handelinge 6 sou gewees het om die kerk op ‘n syspoor te stuur – almal fokus op die konflik en baklei onder mekaar. Maar ons lees: Dit is nie reg dat ons die verkondiging van die woord van God verwaarloos om die versorging te kan behartig nie. Paulus en Barnabas hou ook die groter prentjie in gedagte – daar is geen sprake om die sendingreise af te stel nie.

 

Hoe kan goed uit die bose kom? Die Gees maak dit moontlik. Maar ons gesindheid moet ook reg wees: Maak nie saak wat gebeur nie God moet steeds geëer word. Daar is oplossings, maar dan moet ons bid dat die Gees  ons sal help om vorentoe te beweeg.

 

  1. Hanteer die sake wat regtig saakmaak

Hier is ‘n paar baie praktiese lesse in hierdie twee gedeeltes:

  • Toe die kerkleiers hoor dat die Griekssprekende weduwees kla, het hulle nie hulleself verdedig nie – hulle het geluister. Luister is ‘n sleutelaspek in die hantering van konflik. Hulle luister en reageer. As jy ‘n klagte hoor, luister met ‘n oop gemoed en nederigheid. Onthou jy mag verkeerd wees.
  • Onthou die klein dingetjies. Die apostels het die groter prentjie in gedagte gehou – wat hulle moes doen – maar dit het hulle nie verhoed dat hulle nie geluister en opgetree het nie. Hulle herorganiseer die hele barmhartigheidsdiens. Hulle soek manne wat vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Geen taak is te klein om nie geestelike voorvereistes te hê nie. Klein dinge is belangrik
  • Aanvaar verskille. Almal sien nie alle dinge eenders nie. Paulus voel dat Markus nie ‘n tweede kans verdien nie; Barnabas voel anders. Net omdat iemand iets anders as ek sien, beteken nie dat hy my vyand is nie. Daarom het ons verskillende gawes.
  • Onthou die groter prentjie – die dinge wat werklik saak maak. Die apostels gee hulle aandag aan gebed en die bediening van die woord.
  • Onthou biede die Gees en Satan is aan die werk. Bid, bid, en bid nog meer.
  • Bly naby aan die kruis. Jesus was ‘n bedreiging vir die status quo. As gevolg van ons onsekerheid en kleinheid, ons sondige trots en kleinlike vrese het Jesus aan die kruis gesterf. Wonderbaarlik bring sy dood en opstanding verlossing

 

 

 

image_pdfimage_print