Keuses, keuses, keuses

image_pdfimage_print

 For ever as the soldier in the field must not change his place wherein he is placed by the general, but must abide by it to the venturing of his life, as must the Christian continue and abide in his calling without change or alteration –  William Perkins

Keuses, keuses, keuses

In vandag se lewe is ons keuses en opsies feitlik onbeperk. Gevolglik het die tradisionele samehorigheid in ons gemeenskappe verdwyn – ons woon langs mekaar, maar ons is vreemdelinge vir mekaar. Om te kan kies word vandag as ‘n prioriteit, waarde en reg gesien. Die probleem is egter dat hoe meer keuses ons het, hoe minder is die toewyding en kontinuïteit.

 

Mettertyd word ‘n mens deur hierdie keuses oorlaai – daar is te veel om te doen en te min tyd om dit te doen. Hierdie onbeperkte moontlikhede lei mettertyd tot frustrasie en oppervlakkigheid. Wat is dan die geheim van ‘n gefokusde lewe? God se roeping vir my. Hoe werk dit?

  • Dit werk die moderne afgod van keuse teen. Keuse is vandag ‘n reg wat verantwoordelikheid oorweldig het – baie keuses, min verantwoordelikheid. Hoe kan ons hierdie oormaat van keuses oorwin? Deur self gekies te word. Jesus Christus het ons gekies en ‘n duur prys daarvoor betaal. Om Jesus Christus te volg, is nie ons inisiatief nie – net ons reaksie op sy roeping. As ons eers gekies is, het ons geen verdere keuses nie. Ons het afstand van ons regte gedoen en sekere verantwoordelikhede aanvaar.
  • Roeping gee ‘n sin van kontinuïteit en samehang aan ons lewens en dit te midde van die gefragmenteerde en verwarrende moderne lewe. Abraham trek uit Ur van die Chaldeërs nadat God hom geroep het. Hy weet nie waarheen hy op pad was nie, maar sy roeping is die weg wat hy moet volg. Die betekenis van die lewe word nie deur my werk of besittings of my status bepaal nie. Wat wel belangrik is, is dat ek God volg as Hy my roep – ten spyte van onsekerheid.
  • Roeping verseker dat ek gefokus is, maar nie fanaties is nie. Die keuses en die spoed van die moderne lewe put ons energie uit. Daarom dat ons vandag so baie hoor dat iemand uitgebrand is. As ons ons roeping volg en ons gawes gebruik vir die doel waarvoor hulle gegee is, kry ons lewe sin.

 In accomplishing anything definite a man renounces everything else – George Santayana, filosoof van Harvard Universiteit

image_pdfimage_print

You may also like...