Moet jou kinders die erediens bywoon?

image_pdfimage_print

 

It is God’s kindness that leads us to repentance, not our repentance that leads God to be kind. —Scott Sauls

 

Moet jou kinders die erediens bywoon?

Om jou kind na ‘n erediens te neem, is nie altyd maklik nie. Dit is ‘n moeilike oorgang – vir die kinders en vir die ouers. As dit dan so is, hoekom moedig ons dan aan dat ouers hulle kinders na die eredienste moet bring – om as gesin saam te aanbid?

 

  1. Dissipelskap

Die kern van Jesus se opdrag aan sy dissipels is om dissipels van al die nasies te maak. Hierdie “al” sluit ook in al die mense in ons huisgesin. Hierdie opdrag het nie ‘n ouderdomsbeperking nie. Om die evangelie te hoor en om die effek daarvan op aanbidding te sien, is ‘n kragtige manier om dissipels te maak. Dit is kragtig vir ‘n kind om die lewe saam met ander dissipels van alle ouderdomme en alle volwassenheidsvlakke te ondervind.

 

  1. Opvoeding

Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan (Deuteronomium 6:6 – 7). Die woord van God moet aan ons kinders geleer word – vandag. ‘n Erediens waar die Skrif gelees word, gesing word, gebid word en gepreek word, help om ons kinders op te voed. Om in ‘n erediens te sit, leer hulle hoe om God te aanbid deur na sy woord te luister.

 

  1. Tradisie

Ons is maar sku vir tradisie. Natuurlik moet ons nie blindweg tradisie dien nie. Maar nou voel ek my verplig om julle met my brief aan te spoor om te stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het (Judas :4)) Hierdie is dieselfde geloof wat nou aan ons toevertrou is. Natuurlik kan ons slegte gewoontes by tradisie aanleer, maar tradisie kan ons help om nie foute te maak nie.

 

  1. Geleentheid

Al verstaan die kinders aanvanklik nie alles nie, sal hulle een ding verstaan – die mense wat hulle liefhet en langs hulle staan. Dit gee aan ons die geleentheid om dit wat hulle nie verstaan nie, te verduidelik. Hierdie is ‘n geleentheid om die ewigheid aan hulle bekend te maak – God se mense wat saam aanbid.

 

Om saam met kinders ‘n erediens by te woon, is moeilik, maar dit is die moeite werd om te verduur. Natuurlik gaan hulle jou aandag aflei, maar dit sal nie vir altyd voortduur nie. Intussen is jy besig om iets wat altyd sal duur, op te bou.

 

image_pdfimage_print