‘n Deurbraak leier

image_pdfimage_print

 

It is virtue, virtue which both creates and preserves friendship – Cicero, bekende orator, 1ste eeu vC

  ‘n Deurbraak leier

Jy kan dit nie doen nie! Al ooit hierdie woorde gehoor? Ek is seker Josia het dit gehoor toe hy alle afgode uit die land wou verwyder het. Josia besluit God se woord kom eerste en die wêreld tweede. Hy besluit dat onder sy koningskap sal afgodery stop. Die stappe wat hy geneem het om dit reg te kry klink bekend.

 

Die afvaardiging het so aan die koning gerapporteer, en hy het al die leiers van Juda en Jerusalem by hom laat bymekaarkom. 2Daarna is die koning na die huis van die Here toe met al die mense van Juda by hom en ook die inwoners van Jerusalem, die priesters en die Leviete, al die mense, groot en klein. Daar het hy alles aan hulle voorgelees wat in die boek van die verbond gestaan het wat in die huis van die Here gekry is. 3Toe het die koning op sy plek gaan staan en ’n verbond met die Here gesluit en beloof om die Here te volg en sy gebooie, verordeninge en voorskrifte met sy hele hart en siel te gehoorsaam en om die bepalings van die verbond soos dit in hierdie boek vasgelê is, na te kom. Die hele volk het die verbond aanvaar.

4Koning Josia het aan die hoëpriester Gilkija, aan die priesters net onder hom en aan die drumpelwagte opdrag gegee om uit die tempel van die Here al die goed te bring wat vir Baäl en Asjera en al die hemelliggame gemaak is. Hulle moes dit verbrand buite Jerusalem op die gelyktes langs die Kedron en die as na Bet-El toe vat (2 Konings 23:1 – 4)

  • Hy roep sy kernspan bymekaar: al die leiers van Juda en Jerusalem
  • Hy vra die mense om te volg
  • Daar het hy alles aan hulle voorgelees wat in die boek van die verbond gestaan het.
  • Hy hernuwe die verbond met sy mense in God se teenwoordigheid.
  • Hy pas dit wat hy gelees het onmiddellik toe.
  • Hy gee sy mense opdrag om die afgode te verwyder – geen uitsonderings nie.

Wat kan ons by Josia leer? Sterk persoonlike optrede vir God trek sterk mense na God toe. Hoekom was Josia so suksesvol? Die mense het op hom gereageer. Hy het duidelik tyd en energie ingespan in sy verhouding met sy leiers. Hy het sy mense doelgerig gelei en kon groot dinge vermag. Hy wys vir ons dat ons groot euwels kan vermy deur persoonlike herlewing. Toe die mense sien hy is eg en aanspreeklik, word sy toewyding aansteeklik.

 

 

image_pdfimage_print