‘n Goeie gewete is ‘n opgevoede gewete

image_pdfimage_print

 

“Radical obedience to Christ is not easy … It’s not comfort, not health, not wealth, and not prosperity in this world. Radical obedience to Christ risks losing all these things. But in the end, such risk finds its reward in Christ. And he is more than enough for us.” ~ David Platt

 

‘n Goeie gewete is ‘n opgevoede gewete

Ons kyk nou na die eerste kenmerk van ‘n gewete wat die wêreld kan verander.

Gewete is nie net iets negatief – dit sê vir ons as iets verkeerd is – nie. Dit beskuldig ons nie net as ons iets verkeerd gedoen het nie. Gewete is ook iets positief – dit vertel vir ons wat die regte ding is om te doen. Ook hulle gewetens getuig daarvan wanneer hulle in ‘n innerlike tweestryd deur hulle gedagtes aangekla of vrygespreek word (Romeine 2:15). Ons gewetes kla nie net aan nie, maar spreek ook vry.

 

Adam en Eva het nie alleen God se opdrag gehad nie, maar ook die innerlike stemme van hulle gewetens. Tog verwerp hulle daardie kennis en gehoorsaam nie daardie stem in hulle nie. Sonde vul ons gewetens met skaamte, vrees en skuldgevoelens; sonde onderdruk die volume van God se stem in ons binneste. Gewetens is ook in die heidene teenwoordig, maar die verlies aan betroubare kennis beteken die stem is vaag en dikwels verwarrend.

 

Daarom is dit nodig dat ons gewetes weer opgelei word. Ons gebrek aan inligting moet deur God se inligting verplaas word.. Dit kom net deur God se woord. Alphonse De Lamartine sê: Conscience without God is like a court without a judge. Voordat Paulus op ‘n skoon gewete aanspraak maak, sê hy: Ek glo nog steeds alles wat in die wet en die profete geskrywe staan (24:14). Paulus het ‘n goeie gewete, want hy het ‘n opgevoede gewete gehad.

 

Baie mense sê dat hulle ‘n skoon gewete het, maar wat hulle in werklikheid het, is ‘n oningeligde gewete of ‘n onsensitiewe gewete. Maar ‘n gewete wat nie goed is nie, kan ook ‘n oorsensitiewe gewete tot gevolg het – mense kan dink iets is verkeerd as niks verkeerd is nie. In 1 Korintiërs 8 hanteer Paulus die vraag oor vleis wat aan ‘n afgod geoffer is. Daardeur word hulle gewete wat reeds swak is, verder beswaar (8:7). Alle gewetes – onsensitief en oorsensitief – moet deur die woord van God gevul en ingelig word.

 

Martin Luther het ‘n opstand begin deur sy gewete met die woord van God op te voed. Toe die godsdienstige supermoondheid van die dag hom daarvan beskuldig dat hy sy klein gewete teen die mag van die kerk stel, antwoord hy: My conscience is captive to the word of God. I cannot and will not recant anything for to go against conscience is neither right nor safe. Here I stand. I can do no other, so help me God.

 

image_pdfimage_print