‘n Lewe van liefde in ‘n wêreld van gebroke verhoudings

image_pdfimage_print

I have often repented of speech but hardly ever of silence. —C.S. Lewis

 

‘n Lewe van liefde in ‘n wêreld van gebroke verhoudings

Paul E. Miller het ‘n kort boekie – A Loving Life in a World of Broken Relationships – geskryf waarin hy na die verhaal van Rut kyk. Vir baie mense is liefde dit wat ons op kaartjies en op die TV kry – ‘n warm gevoel wat ons nie kan verduidelik nie; ‘n oorweldigende emosie wat die verstand nie kan verstaan nie. Maar wat gebeur nou as hierdie soort liefde negatiewe gevoelens teenkom – pyn, hartseer, swaarkry, ens? Die antwoord is duidelik: hulle het nie meer lief nie! Hulle moet wegbeweeg en met hulle lewe aangaan.

 

Dit is presies die teenoorgestelde van Bybelse liefde – standvastige liefde. Nou kom Naomi se hartverskeurende verlies en Rut se toewyding na vore. Rut het vir Naomi so lief dat sy haar eie lewe beperk; sy het Naomi so lief dat sy haar eie drome en belange opoffer; sy het Naomi so lief dat sy onsekerheid in die gesig staar. Liefde is eenrigting liefde – a love without an exit strategy.

 

Hierdie soort liefde is teenstrydig met die gees van ons tyd. Meeste van ons glo dat ons op ons emosies moet reageer. Daarom, as die liefde iets van ons vereis, soek ons ‘n “exit strategy.” Die verhaal van Rut wys egter vir ons dat as dinge moeilik raak, moet ons steeds toegwy bly. Hierdie soort denke is onmoontlik tensy ons die feit aanvaar dat as ons liefhet, verdwyn ons. Dit beteken outomaties dat liefde en trots teenstrydig is. Die groot hindernis tot liefde is ons ego – die liefde vir onsself. Om lief te hê, moet ons ons ego afskud.

 

Christus het ook die prys betaal om ons te koop – buitestaanders met die behoefte aan ‘n Verlosser. As gevolg van sy liefde vir ons het Christus mens geword. Hy was honger, dors en moeg; Hy is verraai en veroordeel; Hy sterf aan ‘n kruis om ons skuld en skaamte te dra.

 

Het ons nie hierdie soort liefde as alternatief vir al die vals voorstellings van liefde wat ons vandag in ons samelewing kry, nodig nie?

 

 

image_pdfimage_print