Ons roeping om te lei

image_pdfimage_print

 

Doubting does not prove that a man has no faith, but only that his faith is small. And even when our faith is small, the Lord is ready to help us – J. C. Ryle

 

Ons roeping om te lei

Joe McKeever gebruik die gelykenis van die muntstukke (Matteus 25) vir sy benadering: Gebruik dit of verloor dit (Use it or lose it). Hierdie gelykenis begin deur te vertel van ‘n man wat op reis wou gaan. Hy roep sy slawe bymekaar en vertrou sy besittings aan hulle toe. Vir een gee hy vyf goue muntstukke, vir ‘n ander  twee en vir ‘n derde een een goue muntstuk – elkeen volgens sy bekwaamheid.

 

Waaroor gaan bediening?  Om te gebruik wat God jou gegee het vir wat God jou geroep het om te doen en waarheen Hy jou gestuur het. Dit is waaroor basiese Christelike bediening gaan en dit is beskikbaar vir elke kind van God.

  • Ons gebruik wat Hy aan ons gegee het. Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal (1 Korintiërs 12:7).
  • Ons doen wat Hy gesê het ons moet doen. Hy gee opdragte aan sy kinders. Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep (Romeine 8:30). Alle gelowiges is geroep.
  • Ons doen dit waar Hy ons geplaas het. Sommige gaan na Jerusalem, sommige na Samaria en ander na die eindes van die wêreld.

Baie van die ongelukkigheid by gelowiges is as gevolg van ons onwilligheid om Hom met hierdie sake te vertrou. Ons wil ander gawes hê; ons wil ‘n ander bediening hê; ons wil dit op ‘n ander plek doen. Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? (Lukas 6:46).

 

My gawes en roeping, my opdrag en my spesifieke instruksies is vir ‘n spesifieke tyd. Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee (Romeine 14:12). Alles behoort aan God. Hy gee aan ons ‘n deel daarvan om dit te gebruik so goed as moontlik. Aan die einde van die dag gee ons aan Hom alles wat ons nie gebruik het nie, terug. Gebruik alles wat God jou gegee het so goed as moontlik.

 

image_pdfimage_print