Ons word oud – Versoeking en Spanning

image_pdfimage_print

The work of salvation is an undertaking of three persons in which all cooperate and each performs a special task – Herman Bavinck

Ons word oud – Versoeking en Spanning

J. I. Packer het onlangs ‘n kort boekie oor oud word geskryf: Finishing our Course with Joy. Ek gaan ‘n hele aantal blogs oor oud word skryf en van hierdie boek gebruik maak

Liggame gaan agteruit en daarmee moet ons vrede maak soos ons ouer word. Namate ons ouer word, kom ons voor nuwe beperkings te staan. Ons kan nie meer dinge doen wat ons vantevore gedoen het nie. Ons energievlakke daal; ons geheue is nie meer wat dit was nie; pyne en kortasemheid word deel van ons lewens. Ons liggame sal agteruitgaan solank as wat ons leef. Oefening, geneesmiddels en ‘n gesonde dieet mag die proses vertraag, maar sal dit nie omkeer nie

 

Ons liggame word ook meer vatbaar vir infeksies, hartprobleme en kanker. Hierdie verstadiging is permanent. Nou kom ons voor twee versoekings te staan:

       Gaan saam met die vloei van agteruitgang van fisiese vermoëns en laat toe dat ons dissipelskap ook agteruitgaan. – ons ywer om die koninkryk van God te bevorder.

       Trots – ons ontken enige agteruitgang; ons wil steeds in beheer wees; ons moet beter presteer as ons tydgenote.

Die Bybel sê dat ons almal voor versoeking uit drie bronne te staan kom: die wêreld (omstandighede om ons), die vlees (trots wat lei tot gesindhede gekenmerk deur ‘n gebrek aan liefde) en die duiwel (hy orkestreer die aanvalle van die wêreld en vlees). Ons moet hierdie versoekings herken en erken as ons op die regte manier wil verouder.

 

image_pdfimage_print

You may also like...