Oortuiging, deernis en moed

image_pdfimage_print

 

We have filled our lives and our churches with more comforts for us, all the while turning a blind eye and a deaf ear to abject poverty in others – David Platt

 

Oortuiging, deernis en moed

Die wêreld om ons is vinnig besig om te verander. Daar is heelwat sosiale sake waaroor daar ‘n hewige stryd gevoer word. Hoe kan ons die kultuur om ons beïnvloed?

 

  1. Is Christene oortuig

Glo ons werklik dat ons in so ‘n stryd van lewe en dood betrokke is? Hoor ons nog die duidelike stem wat praat oor belangrike sake met duidelike, onderskeidende, Bybelse Christelike antwoorde? Wat gaan die geskiedenis eendag van ons huidige geslag sê? Deur hulle stilte het hulle gesondig? Onthou: Om nie te praat nie, is om te praat. Het ons vas aan die evangelie geklou en duidelik gepraat oor die kewlvrae van ons tyd?

 

  1. Hulle het met deernis gereageer

Toe Hy die menigte sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ‘n wagter het nie (Matteus 9:36).

Mag God aan ons die genade gee om te sien wat Hy sien – om die armes, dié wat honger is en dié wat verwaarloos is te sien soos Hy hulle sien.

Jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Matteus 22:39).

Let wel: nie kan nie, maar moet. Hierdie is ‘n opdrag.

Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid (1 Johannes 3:18).

Natuurlik gaan God ons op verskillende maniere lei. Ons kan tog nie aandag aan al die sake gee nie. Ons moet ook nie probeer om dit te doen nie. God, in sy oppermag, plaas elkeen van ons in unieke posisies en plekke met unieke voorregte en geleenthede om die kultuur om ons te beïnvloed. Ons moet egter al hierdie kulturele sake deur die lens van die Bybelse waarheid sien

 

  1. Moed

Oortuiging en deernis vereis ook moed. Dit is teen die kultuur om te sê dat daar absolute waarhede is in ‘n wêreld wat voortdurend besig is om te verander. Daarom kry ons vandag ‘n toenemende afstand tussen die evangelie en die gelowiges. Hoekom? Vrees. Vrees is ‘n sterk krag wat meer en meer kerke daartoe lei om aan te pas en tot ‘n vergelyk met die huidige kultuur te kom. Maar Jesus het ‘n uitdaging aan ons gerig:

Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie … Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir Hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. Maar hom wat My voor mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is (Matteus 10:28 en 32 – 33).

 

Mag ons die evangelie glo en aanvaar, en mag dit ons lei om betrokke by ons kultuur te wees. Mag ons opstaan met oortuiging, deernis en moed en nederig die waarheid aangaande God versprei.

 

 

 

image_pdfimage_print