Oppas vir jou tong

image_pdfimage_print

Fear not because your prayer is stammering, your words feeble, and your language poor. Jesus can understand you. —J.C. Ryle

 

Oppas vir jou tong

Ons lees gereeld van iemand wat in die moeilikheid is oor iets wat hy gesê het. Jy kan ‘n leeftyd se werk ongedaan maak deur een onnadenkende opmerking. , “How much hurt, how much damage can be done by chance remarks! Our unguarded tongues can deposit germ-thoughts of hurt, humiliation, and hate into tender minds which fester, become full-blown infections, and ultimately spread disease throughout an adult personality” (Chuck Swindoll). As ons dinge sê, dink ons dikwels nie aan ander se kwesbaarheid nie.

 

 

Selfs in ons kerke hoor ons soms beledigende woorde. Mense kry seer in ons kerke oor ander mense wat nie versigtig is met die woorde wat hulle gebruik nie. As so iets gebeur, is die eerste ding wat ons moet oorweeg: wie is die bron? Moenie sommer alles glo nie. Dikwels is ‘n onnadenkende opmerking net dit – ‘n opmerking gemaak deur iemand wat nie vooraf gedink het nie. Maar woorde het mag – ten goede en ten kwade.

Beide in Spreuke en Jakobus word daar gewaarsku dat die tong groot krag het en daarom versigtig gebruik moet word. Jesus self het gesê dat waarvan die hart vol is die mond oorloop. Maar Jesus Christus kan en is gewillig om ons harte te genees.

Wees baie versigtig om te kritiseer, te veroordeel of te kla. Ons sien so gou dit wat verkeerd is raak, maar sukkel maar om die goeie in ander raak te sien.  “You do not lead by hitting people over the head—that’s assault, not leadership” (Eisenhower). Om te dink voor jy praat, is selfs belangriker in ons tyd van Twitter, Facebook, e-posse en die sosiale media – niks kan teruggetrek word nie.

Plaas ‘n wag voor jou mond – vir jou en ander se beswil. Daar is ‘n ou gesegde: “It is better to be thought a fool than open your mouth and remove all doubt.”

image_pdfimage_print