Die Apostoliese Geloofsbelydenis (11)

image_pdfimage_print

As to conforming outwardly and living your own life inwardly, I do not think much of that. -Henry David Thoreau

 

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (11)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

 

Die Heiliges: Ek glo aan … die gemeenskap van die heiliges

 

Ons glo aan die Heilige Gees, ‘n heilige kerk en die gemeenskap van die heiliges. Die Heilige Gees gee oorsprong aan die heilige kerk, ‘n versameling mense wat saamleef in ‘n gemeenskap van heiliges. Daar is heiliges wat geëer word deur hulle as sulks te beskryf – die heilige Petrus ens. Meeste van die heiliges het egter geen titel nie – hulle is die gewone volgelinge van Jesus – mense van wie ons nog nooit gehoor het nie. Hulle dien God in opregtheid en trou.

 

Aan die gemeente van God wat in Korinte is, aan die geheiligdes in Christus Jesus , die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus  in elke  plek aanroep, hulle sowel as onse Here (1 Korintiërs 1:2 – OAV). Diegene wat sê dat Christus die Here is, wat God, Jesus Christus en die Heilige Gees aanbid, word geroep om heiliges te wees.

 

Die gemeenskap van heiliges is ‘n gemeenskap van gewone, alledaagse mense wat as heiliges geroep is. Ons bely: Ek glo – dit maak die belydenis persoonlik. Maar die belydenis is ook wat die kerk glo – ons. Daarom het ons mekaar lief soos God in Christus ons ook liefhet. Paulus sê: Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is, en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld (Romeine 12:9 – 10). Dit is duidelik nie ‘n pligsgebonde soort liefde nie. Dit is ‘n soort liefde wat ‘n emosionele verbintenis tussen mense vorm.

 

Hierdie liefde vir die gemeenskap van heiliges is nie ‘n opsie nie. Gelowiges word deur hierdie gemeenskap gevorm. Die sogenaamde selfgemaakte man is ‘n mite. To be a Christian is not something you do alone. Our lives are possible only because of what others make of them (Stanley Hauerwas).

 

image_pdfimage_print

You may also like...