Wat is intelligensie?

image_pdfimage_print

“The fruit of my work grows up on other people’s trees.”  Bob Buford

 

Wat is intelligensie?

Hier is nou ‘n onderwerp waaroor almal iets te sê het. In die middel van die vorige eeu het opvoedkundiges en leiers geglo dat jou IK ‘n goeie aanduiding is of jy gaan slaag of nie. Maar daar is baie “intelligente” mense wat nie ‘n sukses van hulle lewens gemaak het nie.

 

 Toe volg die teorie van”veelvuldige intelligensies.” Daar is nie net een vorm van intelligensie nie, maar verskeie vorme. Howard Gardner was ‘n voorstander van hierdie idee. Sy gevolgtrekking was dat intelligensie nie by intellektuele vermoë en die vermoë om te verstaan en kennis te gebruik begin nie. Hy identifiseer dinge soos musikale, logiese, ens intelligensie.

 ‘n Groot deurbraak was toe Daniel Coleman emosionele intelligensie beskryf het. Hy beskou dit as ‘n goeie voorspeller van sosiale sukses. Coleman identifiseer selfkennis, selfbeheersing, motivering, empatie en sosiale vaardighede as noodsaaklik. Baie van die intelligentste mense het nie die nodige emosionele en empatiese vaardighede om mense te lei nie.

 

Christene het ‘n addisionele intelligensie – die intelligensie van oortuigings. Hierdie is ‘n intelligensie wat jy moet ontwikkel. Dit is die produk van leer van die Christelike geloof, bestudering van die Bybelse waarhede en om te leer om soos ‘n Christen te dink. Natuurlik is kennis vir Christene belangrik – veral die kennis soos in die Bybel geopenbaar. Geen wonder Christene was op die voorpunt van opvoeding nie. Baie van die vroeë universiteite het hulle oorsprong by die kerk gehad.

 Dit is baie belangrik dat Christene weet waarvan hulle oortuig is. Dit moet dien as riglyn vir hulle daaglikse lewe.

 

image_pdfimage_print