www.bybelkennis.co.za Blog

Mag situasies my dwing om leuens te vertel?

Sanctity has to do with gratitude. To be a saint is to be fueled by gratitude, nothing more and nothing less.Ronald Rolheiser

Mag situasies my dwing om leuens te vertel?

Moet Christene altyd die waarheid praat? Is dit nie reg om soms ‘n leuen te vertel nie?  In 1966 skryf Joseph Fletcher ‘n boek Situation Ethics: The New Morality. Fletcher sê dat dit soms reg is om God se morele wet te verbreek om ‘n hoër doel te bereik. Hy sê dat as iemand met ‘n geweer na jou huis kom om jou vrou en kinders dood te skiet, mag jy jok oor waar hulle is – die heiligheid van lewe het meer waarde as die heiligheid van die waarheid.

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 49

 

The fights over should be minimised so that the fights for can be maximised.” – Jonathan Robinson

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 49

Vraag:

Waar is Christus nou?

Antwoord:

Christus het liggaamlik op die derde dag na sy dood uit die graf uit opgestaan en sit aan die regterhand van die Vader. Daar heers Hy oor sy koninkryk en tree vir ons in, totdat Hy terugkeer om die hele wêreld te oordeel en te vernuwe. [Onderstreepte deel is die antwoord vir kinders.]

Saggeus en geld

A quiet disposition and a heart giving thanks at any given moment is the real test of the extent to which we love God at that moment –Francis Schaeffer

Saggeus en geld

Meeste van ons weet maar min van Saggeus, behalwe dat hy ‘n kort mannetjie was wat geweet het hoe om bome te klim. Maar sy verhaal is een van ‘n man wat  maar vrekkerig was wat verander in ‘n baie vrygewige man. Hy leer vir ons drie kritiese waarhede oor geld.

  • Geldprobleme is meestal die gevolg van geldaanbidding

Afgodery beskryf die gesindheid van ons hart – waarna dit smag, waarop dit vertrou en iets anders as God begeer. Saggeus het geld aanbid.

Ons baklei te veel

A sense of astonished gratitude is very near the heart of authentic Christian experience –N.T. Wright Ons baklei te veel Daar is ‘n neiging by baie Christene om strydlustig en onverdraagsaam te wees. Ons raak betrokke by sake wat baie...