www.bybelkennis.co.za Blog
Laat sy Liefde jou Lei: Soms skaaf ons wel aan mekaar – Milanie Vosloo
Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan. Romeine 12:21
Nie een van ons is ‘n sondelose engel nie. Daarom maak ons foute, is daar misverstande tussen ons, verstaan ons mekaar verkeerd en kan ons soms ons humeur totaal en al verloor.
Leef uit jou Doop: Inlywing in sy liggaam, die kerk – Adrio König
2.3 Inlywing in sy liggaam, die kerk
Hierdie betekenis is nie naastenby so sterk ontwikkel soos die vorige een nie. Ons kry dit net een keer duidelik by Paulus: “Ons is almal deur een Gees gedoop in Christus se liggaam (in)” (1 Kor 12:13, NLV). Maar dis eintlik ’n logiese uitvloeisel van ons vereniging met Christus. Aangesien God ons deur die doop in Christus inlyf, is dit tog vanselfsprekend dat ons ook in sy liggaam opgeneem word, die kerk.
Stede in hedendaagse Turkye – Francois Malan
Marius vra:
Wil graag die hedendaagse stede in Turkye en die gemeentes wat deur Paulus besoek is bymekaar bring Julle hulp word waardeer.
Leef uit jou Doop: Vereniging met Jesus Christus – Adrio König
2.2 Vereniging met Jesus Christus
Dit is een van die wonderlikste betekenisse van die doop. Dit is ook die een wat die volledigste uitgewerk is. Dit is die kern van die klassieke doophoofstuk, Romeine 6, maar kom ook sterk na vore in ander dele soos Kolossense.