Geloofsvrae: Die volharding van die heiliges
Geloofsvrae: Die volharding van die heiliges – Adrio König
Die volharding van die heiliges
Die leer dat mense wat gered is, nie weer verlore kan gaan nie (`eenmaal gered, altyd gered’), is al vir eeue lank ‘n omstrede saak. Dit hang saam met die ou probleem van die volgorde in die heilsweg: wedergeboorte – bekering, of bekering – wedergeboorte. Dié wat die klem lê op die inisiatief van God (soos gewoonlik in die Gereformeerde teologie), sal aanvaar dat ons eers weergebore word, en daarmee saam dat ‘n kind van God nie weer verlore kan gaan nie.