www.bybelkennis.co.za Blog

Geloofsvrae: Dankbaarheid en vreugde

Geloofsvrae: Dankbaarheid en vreugde – Adrio König

Dankbaarheid en vreugde

1. Dankbaarheid

Dankbaarheid is die eerste komplementerende eienskap van die mens wat ons behandel. Die mens is nie net as die beeld van God geskape sodat ons op analogiese wyse iets van sy manier van lewe in ons lewe sigbaar moet maak nie, maar ons is ook in ‘n verbondsverhouding met Hom waarin ons paslik op sy inisiatiewe moet reageer.

Geloofsvrae: Vryheid

Geloofsvrae: Vryheid – Adrio König

Vryheid 

Hoe ons die mens sien, hang af van hoe ons God sien. Ons is immers geskape om in ‘n verbondsverhouding met Hom te leef en om sy beeld te wees. Ons sal dus by Hom leer wie ons is en hoe ons behoort te leef.

boseoog1

Die bose oog en die beswering daarvan

Die bose oog en die beswering daarvan – Kobus Kok

In die oorspronklike Griekse Nuwe Testament lees ons van die ponêros ofthalmos, of die bose oog (Luk 11:34; Matt 5:22). Ons vind dikwels in die NT vreemde konsepte wat nie vanuit ons eie kultuur verstaanbaar is nie. Dit is juis waarom die sosiaal-wetenskaplike studie ontwikkel is. Laasgenoemde dissipline in die Nuwe Testamentiese wetenskap is ontwikkel om ons te help om die wêreld van die Nuwe Testament en die antieke tyd waarin Jesus en die eerste Christene geleef het beter te verstaan.