Psalm 119:41

image_pdfimage_print

Work is always healthier for us than idleness; it is always better to wear out shoes than sheets. —C.H. Spurgeon

 

Psalm 119:41

Bewys aan my u troue liefde, Here, red my volgens u belofte (NAV)

En laat u goedertierenhede oor my kom, o Here, u heil volgens u belofte (OAV)

Here, wys asseblief vir my hoe goed U is, soos U beloof het (Die Boodskap).

 

 

Die psalmis is op soek na liefde by die Here en huiwer nie om dit direk te vra nie. Die les is eenvoudig: Moenie bang wees om vir God te vra om jou lief te hê nie. Die liefde waarna hier verwys word, is die liefde van ‘n toegewyde ouer vir sy/haar kind vanaf kinderjare tot by volwassenheid; die liefde van ‘n eggenoot vir sy vrou oor baie jare van hulle huwelik. Dit is duidelik waarom die psalmis hierdie liefde van God vra.

 

Maar die psalmis is nie hiermee tevrede nie – hy vra ook vir redding. Hoekom vra hy vir redding as God dit reeds beloof het? Waarskynlik is hierdie redding wat beloof is nog nie volkome verwesenlik nie. Daarom maak die psalmis sy begeerte duidelik. Die psalmis erken ook dat sy fokus op God is – vir liefde, vir redding, vir alles.

 

Ons vra dikwels vir God spesifieke dinge soos ‘n veilige reis, gesondheid as ons siek is, ens. Vra ons ooit vir ontasbare dinge soos liefde? Miskien moet ons dit begin vra of meer dikwels vra.

 

Vers 41 is die eerste vers in die Wau afdeling van die psalm – die sesde van die 22 afdelings waarin elke vers met die Hebreeuse letter Wau begin.

 

God gee aan ons u liefde in oorvloed. Amen.

 

image_pdfimage_print

You may also like...