Psalm 24 (2)

image_pdfimage_print

 

 “The idea that you can trust Christ and not intend to obey him is an illusion…. In fact, you can no more trust Jesus and not intend to obey him than you could trust your doctor or your auto mechanic and not intend to follow their advice. If you do not intend to follow their advice, you simply do not trust them.” – Dallas Willard

 

Psalm 24 (2)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

25:3 – 6: Wie is die gelowige wat God in sy heiligdom mag ontmoet?

Skielik verander alles. Nou word ‘n vraag gevra oor die kwalifikasies van iemand wat in die teenwoordigheid van die Here mag kom en ‘n vraag mag vra. Vers 1 – 2 het bevestig dat die Here oppermagtig oor die wêreld is.  Die vraag oor wie in die teenwoordigheid van hierdie God mag  gaan, is ‘n ernstige vraag. Hierdie gedeelte bestaan uit ‘n vraag (vers 3), ‘n antwoord (vers 4 – 5) en ‘n verdere reaksie deur die vraagstellers (vers 6).

 

3Wie mag teen die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom staan?

Die berg is ‘n verwysing na die plek van aanbidding. Maar die vraagstellers om nie net gekom om te aanbid nie, maar ook om ‘n vraag te vra.

 

4Dié mens met skoon hande en ‘n rein hart wat nie na nietigheid hunker en nie sweer by wat vals is nie

Dit gaan hier oor ‘n gesindheid teenoor God en ook teenoor ander mense. Skoon hande en nie sweer by wat vals is nie, verwys na verhoudings met ander mense. ‘n Rein hart en nie na nietigheid hunker nie, verwys na gesindhede teenoor God. Skoon hande is hande wat nie met bloed bevlek is nie. Mense wat voor die Here verskyn se verhoudings moet eerbaar wees. ‘n Verkeerde innerlike gesindheid is ook ‘n bedreiging vir ander mense. Vals ede is ‘n manier om mense van hulle inkomste en selfs hulle lewens te beroof.

5Sal seën ontvang van die Here en geregtigheid van die God wat red –

Hier kry ons ‘n dubbele belofte. Diegene wat nie deur bedrog  mislei is nie, sal seën ontvang van die Here. Seën verwys kenmerkend na God se betrokkenheid in die dinge van die alledaagse lewe. Redding verwys weer na God se betrokkenheid by die periodieke krisisse in ons lewens. Hierdie vers herinner ons dat die Here ons Verlosser is. Hierdie feit ondersteun die belofte van seën.

 

6Dit is die geslag wat na Hom soek, hulle wat u teenwoordigheid opsoek, dit is Jakob. Sela.

Die reaksie op die kwalifikasie sê vir ons dat mense wat God se teenwoordigheid opsoek sy seën sal ontvang. Hierdie geslag wat na Hom soek, is die nageslag van Jakob. Hulle het toegang tot God se teenwoordigheid en soek dit gereeld.

 

image_pdfimage_print