Psalm 9 (3)

image_pdfimage_print

 

The heart of the gospel is all about giving up power, pouring out resources and serving … the Center of Christianity is always migrating away from power and wealth – Tim Keller.

 

Psalm 9 (3)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Hierdie is ‘n lang psalm so ek gaan ‘n hele aantal blogs aan hom spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

9:2 – 5: Die psalmis se blydskap.

Die psalm begin soos ‘n getuienis of danksegging, maar dit verander gou. Die psalmis benodig God se optrede. Wat interessant is, is dat die psalmis by sy loflied (vers 2 – 3) ‘n verwysing na wanneer dit sal begin byvoeg (vers 4 – 5).

 

9:2 – 3: Alef.  Ek wil die Here loof met my hele hart; ek wil al U wonderdade vertel.

Ek wil bly wees en my in U verheug, ek wil u Naam besing, Allerhoogste.

Hier kry ons ‘n verklaring van die psalmis se bedoeling om van God se magtige reddingsdade te vertel. Dade/wonders verwys nie noodwendig na reddingsdade vir die individu nie. Dit verwys gewoonlik na God se dade by die skepping en in Israel se geskiedenis. Later blyk dit dat hierdie wel verwys na God se reddingsdade. Die onderneming – ek wil al U wonderdade vertel  –  vul die getuienis – Ek wil die Here loof met my hele hart – aan. Hele hart en al U wonders pas bymekaar.

Vers 3 voer dit verder. Ons sien dat lofprysing na buite uitgedruk moet word. Loof is vertel – dit moet in die openbaar geskied – ek verheerlik God voor die gemeente. Woorde en musiek maak dat dit lof is.

 

9:4 – 5: Bet. Wanneer my vyande terugdeins, struikel hulle en kom hulle om vanweë u teenwoordigheid, want U het my reg in my regsaak gehandhaaf. U het op die troon gesit as regverdige regter.

In vers 4 kry ons ‘n verwysing na God se dade. Vers 4 en 5 verwys waarskynlik nie na wat God reeds gedoen het nie of na wat Hy gewoonlik doen nie, maar na wat die psalmis verwag. Die psalmis kan nie getuig nie, want hy het behoefte aan God se optrede. Sodra God opgetree het, sal die psalmis in ‘n posisie wees om te getuig. Hy kyk vooruit daarna om God te loof; hy is vol vertroue dat die vyande sal vlug, struikel en omkom, want hulle sal voor God te staan kom. God het in die verlede sy gesag op so ‘n wyse uitgeoefen dat Hy getrou aan Israel was. Die getroue God sal aan die psalmis se kant wees. Net in God se regsaal kry die swakkes ‘n regverdige verhoor teenoor die sterkes. As daar geen gebed is nie, is daar geen regsbesluit nie en tree God nie op nie.

 

Dit is die laaste keer in die psalm waar die lof in die eerste persoon is. Die res van die psalm sal God se optrede in die geskiedenis van die volk in herinnering roep.

 

Die openingsloflied is ‘n reaksie op volgehoue oorwinnings waarin die goddelike oordeel oor nasies duidelik gesien kan word. Israel se God sit op die troon oor die hele wêreld en Hy is regverdig – Hy wreek die storting van onskuldige bloed. Dit roep weereens vir lofprysing.

 

 

image_pdfimage_print