Redes om die Drie-eenheid te bestudeer

image_pdfimage_print

Redes om die Drie-eenheid te bestudeer

Dit is moeilik om die Drie-eenheid te verstaan en nog moeiliker om aan ander te verduidelik. Daarom is ons geneig om min tyd te spandeer om daaroor te dink en te praat. Ons glo in die Drie-eenheid, want ons is veronderstel om dit te doen. As dit ons houding is, ontneem ons onsself van hoop, die waarheid en vreugde.

 

  1. Die leer van die Drie-eenheid is ontsagwekkend

In die Ou Testament maak God dit baie duidelik dat Hy een God is. Luister, Israel, die Here is ons God. Hy is die enigste Here (Deuteronomium 6:4). As monoteïste het Israel verskil van die volke om hulle wat baie gode gehad het. Tog sien ons reeds in die Ou Testament leidrade van die Vader, Seun en Heilige Gees. Voorbeelde is Genesis 1:26; 11;7; Jesaja 48:16; 61;1; 63;0 – 10). Die feit dat. God drie persone is, word baie duidelik in die Nuwe Testament. Vanaf Jesus se doop (Lukas 3;21 – 22) TOT BY Jesus se groot Opdrag (in Matteus 28:19) word die werklikheid van die Drie-eenheid verkondig.

Ons sukkel om die wese van God volledig te verstaan, want ons is deur God gemaak – ons is nie God nie. As ons nadink oor God wat Drie-enig is, is daar net een reaksie; ontsag. Die majesteit van God se wese is meer as wat ons ons kan indink. Soos ons Hom dieper leer ken, word ons met wonder en verbasing gevul. Soos ons nadink oor God se wese behoort ons met nederige aanbidding van die Vader, Seun en die Heilige Gees te reageer.

 

  1. Die leer van die Drie-eenheid is bemoedigend

Hoe Kan so ‘’n esoteriese leer ons bemoedig? Die antwoord is eenvoudig: Want God is liefde (1 Johannes 4:8). Liefde vereis ‘’n voorwerp. Jy kan nie iemand of iets liefhê as daar niks daar is nie. Voor God die heelal geskep het, sou daar niemand gewees het om lief te hê nie as Hy alleen daar was nie. Hy sou selfgesentreerd gewees het. Maar God is ewig Vader, Seun en Heilige Gees – drie gelyke persone wat van altyd af daar was en wat in ‘’n volmaakte verhouding bestaan het. Hulle het mekaar lief en verheerlik mekaar. Dit is waarom God geskep het. Daarom maak Hy skepsels na sy beeld. Hy skep om sy heerlikheid te manifesteer en sy liefde te deel. Ons bestaan omdat God uit vrye wil besluit het om ons te maak sodat die volmaakte liefde wat tussen Vader, Seun en Heilige Gees bestaan het deur ons gedeel mag word. In Johannes 17:24 – 26 bid Jesus: Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het ook by My moet wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al voor die skepping van die wêreld al liefgehad het. Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U en hulle hier weet dat U My gestuur het. Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.

 

God se begeerte is dat ons sy volmaakte liefde sal ken en ondervind. Die probleem is dat ons sonde hierdie soort verhouding met God onmoontlik maak daar is egter ‘’n pad na versoening. Die Vader wys vir ons sy liefde deur sy geliefde Seun te stuur om in ons plek te sterf. Deur Christus en deur die kragtige werking van die Heilige Gees kan ons weer ‘’n verhouding met die Vader hê. Hy nooi ons uit om die ewige liefde van die Drie-eenheid te ken en te ondervind. Hierdie liefde is ongelooflik en onherroepelik. Wat is meer verbasend om te weet dat die Vader nie sy eie Seun teruggehou het nie; wat bied vir jou meer sekerheid as om te weet dat die Seun uit eie vrye wil mens geword het om in ons plek gestraf te word; hoe bemoedigend is dit om te weet dat die HEILIGE Gees ons aan Christus, ons Verlosser, deur geloof verenig sodat ons die liefde van God in hierdie lewe en tot in ewigheid kan ondervind.

 

  1. Die leer van die Drie-eenheid is prakties

Die leer van die Drie-eenheid is die fondament van die Christelike lewe (1 Johannes 4:19). As ons die liefde, genade en barmhartigheid van God ondervind het, kan ons nie anders as om Hom ook lief te hê nie. Hoe meer ons die hoogte van God se liefde verstaan en ondervind, hoe meer moet dit uit ons vloei. Dit moet in ons denke, verhoudings en optrede oorvloei. Die Drie-eenheid fokus nie na binne nie, maar Hy kyk na buite om die ander persone in die Drie-eenheid lief te hê en te verheerlik. Die Drie-eenheid leer ons dat die Christen se lewe na buite gefokus is. Ons moet ander dien en help volgens die voorbeeld van Christus.

 

Die Drie-eenheid leer ons ook dat Christene verenig moet wees. Die band tussen gelowiges moet die eenheid van die Drie-eenheid weerspieël:  Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos u, Vader, in My is en Ek in U (Johannes 17:22). Dit kan gebeur, want die Heilige Gees verenig alle gelowiges aan Christus deur geloof. Hierdie onbreekbare band oorspan tyd en ruimte Hierdie werklikheid sien ons dikwels nie in die kerk nie. Dit behoort ons aan te spoor om vir eenheid, liefde en vrede te strewe in die kerk en met elke medegelowige. Doen ons dit, weerspieël ons die volmaakte, ewige eenheid van die Vader, Seun en Heilige Gees.

 

Die feit dat God ‘’n Drie-eenheid is beteken ons moet sy fokus na buite navolg deur uit te reik. Christene doen uitreike, want God is ‘’n God wat uitreik. Hy het nie in Homself teruggetrek toe die skepping in opstand gekom het nie. NEE, Hy het na ons gekom met ‘’n oplossing – Hy bring verlossing vir ons. Ons denke moet met syne ooreenstem. Ons deel ons geloof, want ons wil hê ander moet ook die werklikheid van God se onvoorwaardelike liefde ondervind. Die Vader het sy Seun gestuur, want Hy het ons so lief gehad, As die liefde van God in ons is, moet ons harte hê wat na die verlorenes uitreik en die goeie nuus van verlossing deur Christus verkondig.

.

image_pdfimage_print