Sisteemdenke

image_pdfimage_print

 

Every soul which depends not on God alone is enslaved to Satan. — Johannes Calvyn

 

Sisteemdenke

‘n Orkes is bymekaar om te oefen. Die bekende Michael Costa was die dirigent. Die musiek bereik ‘n crescendo – al die instrumente speel. Die piccolo was stil, want die speler het sy plek op die bladmusiek tydelik verloor. Skielik maak Costa die orkes stil en vra: “Waar is die piccolo?” Vir ‘n vaardige dirigent en leier is elke deel van die sisteem belangrik – selfs dié wat nie so belangrik lyk nie.

 

Dit is die punt wat Paulus in 1 Korintiërs 12:12 – 29 maak. Al bestaan Christus se liggaam uit baie dele is dit steeds een liggaam. In hierdie liggaam kry ons ‘n groot diversiteit, maar elke lid is ewe belangrik.

 

Paulus wil verseker dat elke volgeling van God sal besef dat hy belangrik is – dat hy besef dat sy bydrae onmisbaar is. Niemand kan optree asof hy los van die liggaam staan nie. Hulle mag ook nie op mekaar jaloers wees nie. Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. Hy vra elkeen om getrou volgens sy unieke roeping te dien.

 

Leiers moet elke lid van hulle span as ‘n onmisbare deel van die sisteem sien. Leiers moet elke lid help om te ontdek wat sy rol is. Doeltreffende leiers weet dat take ten beste vervul kan word deur sisteme te organiseer en te implementer. As ons dit doen boots ons maar net vir God na – Hy het ‘n passie vir orde en harmonie gehad

 

 

 

image_pdfimage_print