Spreuke: Wat is dwaasheid (4)

image_pdfimage_print

Spreuke: Wat is dwaasheid (4)

Dit is ‘n nikswerd mens, ‘n mens vol onreg, wat altyd reg is om te lieg, om te bedrieg deur met die oog te knik, met die voet te beduie, met die vingers tekens gee, wat altyd met ‘n skelmstreek kom en voortdurend op kwaad uit is. Hy maak moeilikheid waar hy gaan. So ‘n mens se ondergang kom skielik; hy stort ineen en daar is nie herstel nie (Spreuke 6:12 – 15).

 

‘n Ander soort dwaas is die moeilikheidmaker. Die teken van so ‘n persoon is voortdurende konflik. Hy is die teenoorgestelde van die vredemakers (Matteus 5:9), die brugbouer wie se sagte antwoord woede laat bedaar (15:1). Die moeilikheidmaker se antwoorde laat woede ontvlam. Hulle voel die behoefte aan om altyd te protesteer. ‘n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees (19:11). Hulle monde uiter halwe waarhede, laat dinge wat belangrik is weg en inuendo. Hulle liggaamstaal – oogknip, beduie –skep ‘n vyandige omgewing eerder as ‘n omgewing wat tot ‘n oplossing lei.

Moeilikheidmakers oortuig hulleself dat hulle die waarheid praat, maar ‘n ramp sal hulle tref. Met verloop van tyd word dit duidelik dat fie moeilikheidmakers self die oorsaak van die konflik is. Hulle kan permanent gediskrediteer word vir gebeure wat hulle blootstel vir wat hulle is. Die eintlike rede vir hulle val is dat die Here ‘n afsku het in iemand wat rusie stook tussen broers (6:16, 19)

As jy by ‘n reeks konflikte betrokke was, is jy ‘n moeilikheidmaker. Dit is reg om die waarheid te praat al verwelkom sekere mense dit nie. Wys my, Here, of ek die waarheid in liefde praat en of ek dit doen om konflik te veroorsaak. Gee my die wysheid om die verskil te onderskei.

 

image_pdfimage_print