Ware gemeenskap (4)

image_pdfimage_print

 

 

The horror of the same old thing is one of the most valuable passions we have produced in the human heart –  C. S. Lewis, Screwtape letters.

 

Ware gemeenskap (4)

Gordon MacDonald het ‘n aantal artikels oor gemeenskap geskryf. Ons gaan ‘n paar blogs daaraan spandeer. Hierdie idees volg op die vorige blog.

 

  1. Die kenmerk van die Christelike gemeenskap is liefde

Ons praat nie van sentimentele liefde nie. As daar opofferende liefde is, kan ons lewensverandering verwag. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet sal almal weet dat julle dissipels van My is (Johannes 13:34 – 35). Jesus se liefde was vol deernis en allesinsluitend. Dit gebeur nie oornag in die Christelike gemeenskap nie. Verskille in persoonlikheid en temperament moet eers oorbrug word. Daar is baie menslike verskille wat hanteer moet word.

 

  1. Die Christelike gemeenskap genereer ‘n krag waarvan die Heilige Gees die bron is.

Soos mense mekaar leer ken – hulle sterkpunte en swakhede – en soos hulle kreatiewe idees uitdruk, groei die groep se vertroue in God se teenwoordigheid. Dink maar aan Jesus se dissipels net na sy kruisiging en later na die uitstorting van die Heilige Gees. Petrus se pinksterdag preek is tog nie as gevolg net van hom nie – hy het ‘n groepie toegewyde mense om hom nodig gehad.

 

  1. Die suiwerste model van gemeenskap is die Drie-eenheid

Die harmonieuse werking van die Drie-eenheid is ‘n model vir ons verhoudings wat ons moet nastreef – geen ambisie, konflik, kompetisie of verwarring nie. Luister na Nelson Mandela se siening in sy outobiografie:

“The authorities’ greatest mistake was to keep us (prisoners) together. For together our determination was reinforced. We supported each other and gained strength from each other,” he writes. “What we knew, whatever we learned, we shared, and by sharing we multiplied whatever courage we had individually…. The strong ones (of us) raised up the weaker ones, and both become stronger in the process.”

 

  1. Daar is ‘n geheimsinnige (voorspelbare) bedreiging vir enige poging om ‘n gemeenskap te skep en te behou

Iets gebeur in ‘n poging om mense te verdeel. Paulus het vir die leiers van Efese gesê dat wrede wolwe onder die kudde sal kom. Wat is die antwoord? Liefde plus wees waaksaam vir hierdie bedreiging.

 

  1. Die enigste aanvaarbare leierskapstyl in ‘n Christelike gemeenskap is die dienaar-model.

Mag, beheer en politiek werk nie. Die leier van die Christelike gemeenskap is nederig. Hy moet die potensiaal van elke lid ontdek, eer en ontwikkel. John Stott stel dit pragtig:  “The authority by which the Christian leader leads is not power, but love; not force, but example; not coercion, but reason, persuasion. Leaders have power, but power is safe only in the hands of those who humble themselves to serve.”

 

  1. In ‘n opregte gemeenskap gee mense vir mekaar om

In die vroeë kerk het mense hulle besittings met mekaar gedeel. Versorging in ‘n gemeenskap gaan oor baie meer as geld. Ons ken mekaar se stories; ons ken mekaar se teleurstellings en foute … Ons bid vir mekaar.

 

  1. Die gawes in die gemeeskap is versprei

Elkeen van ons het gawes gekry wat ons tot die opbou van ander moet gebruik. ‘n Gemeenskap is ‘n bank van God-gegewe gawes. Elkeen dra by tot die krag van die gemeenskap en dan moet ons die evangelie na buite uitdra. Musikante in ‘n orkes het elk sy deel om te speel. Niemand kompeteer nie; niemand probeer die ander neutraliseer nie. Almal onderwerp hulle aan die dirigent se tempo en beklemtoning. So hoor ons die musiek van Jesus Christus as al die lede van die gemeenskap reageer op God se roeping en saam “speel.”

 

  1. Die Christelike gemeenskap moet die roeping van God definieer en verfyn

‘n Roeping het altyd twee dele: na binne (die behoeftes van die gemeenskap self) en na buite (lede reageer op God se roeping om iets goeds in die Naam van Jesus in die samelewing te laat gebeur). Die eerste Christene het mekaar in hulle geloof versterk, maar hulle was ook in die groter wêreld teenwoordig waar daar ‘n behoefte aan versorging, kos, genesing en skuiling nodig was.

 

image_pdfimage_print