Was Jesus ‘n algemene naam?

image_pdfimage_print

Was Jesus ‘n algemene naam? – Francois Malan

‘n Leser vra:

Kan iemand my asseblief sê of die naam Jesus ‘n algemene naam in die Bybelse tyd was – met ander woorde alhoewel ons weet en glo in Jesus Christus was daar nog mense wat ook die naam Jesus gehad het alhoewel ons weet dat dit nie dieselfde Jesus is wat ons ken en in glo nie.

Antwoord

Prof. Francois Malan antwoord:

 

Ja,die naam Jesus was ‘n algemene naam in die Bybel se tyd. Jesus is die Griekse vorm van die Hebreeuse Joshua (‘die Here verlos,’ vgl. Matteus 1:21 ). In sommige manuskripte en die Afrikaanse 1983-vertaling van Matteus 27:16-17 word gepraat van Jesus Barabbas (Jesus, Bar-‘die seun van’ Abbas – ‘die vader’) en stel dié bevrydingsvegter, wat die Jode met geweld van Romeinse oorheersing wou bevry, teenoor Jesus Christus, die Seun van God die Vader, die ware Bevryder deur sy liefdesoffer vir ons. In Lukas 3:29 word die seun van Eliëser in die Griekse teks Jesus genoem (1983-vertaling het Joshua, soos ook in Handelinge 7:45 waar die Griekse teks Jesus lees vir Moses se opvolger, en ook in Hebreërs 4:8). In Kolossense 4:11 stuur Jesus, ‘n medewerker van Paulus, ook genoem Justus, groete aan die gemeente in Kolosse.  Vgl ook Handelinge 13:6 wat verwys na die Joodse towenaar met die naam Bar-Jesus (‘seun van Jesus’, die naam van die towenaar se pa).

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 

image_pdfimage_print

You may also like...