Wat is dwaasheid (7)

image_pdfimage_print

Wat is dwaasheid (7)

Julle het my raad alles in die wind geslaan, julle wou julle nie laat teregwys nie. Daarom sal Ek lag as die ongeluk julle tref, ek sal met julle spot as die angs julle oorval (Spreuke 1;25 – 260.

As ‘n ramp die dwase tref, lag Wysheid. Is dit nie wreed nie? Wysheid hier is ‘n verteenwoordigende figuur; die lag is nie omdat die hart koud is nie, maar dit is ‘n manier om die onsinnigheid om dwaasheid te kies, oor te dra. ‘n Heelal sonder God gee aan ons net die bewuste sekerheid van die dood sonder hoop. Hierdie chroniese gebrek aan sekerheid noem Albert Camus die ‘Absurde.” Hy sien die lewe as een lang swart komedie van ongeneeslike en onveranderlike soeke na dinge wat die lewe net nie kan voorsien nie.

 

Camus het geglo dat daar geen God is nie; Spreuke weet dat daar ‘n God is., maar stem saam dat die lewe sonder God leeg is, want die dinge van die wêreld kan nie die diepste begeertes van ons harte vervul nie. Jy kan nooit uit romanse, geld of sukses die vervulling kry wat net ‘n verhouding met God kan bring nie. ‘n Lewe sonder God is inderdaad absurd en onsinnig. Vir die regverdige lê daar vreugde voor; die goddelose het geen toekoms nie (Spreuke 10:28).

 

Ondervind jy frustrasie – selfs ‘n gevoel van sinneloosheid? Is daar iets in hierdie wêreld wat jou nie bevredig het nie? Wat kan jy daaraan doen? In ouer boeke en flieks het die goeie die slegte aan die einde oorwin. Vandag word die lewe as donker en dubbelsinnig sonder enige gelukkig einde uitgebeeld. Beide beelde is simplisties en dwaas. Ons lewensverhaal bevat skoonheid en dubbelsinnigheid en eindig in die ewigheid.

image_pdfimage_print