Wat is in ‘n naam?

image_pdfimage_print

 

 “Does it take great and awkward effort even to acknowledge the presence of the needy person, to speak to her, or to take her hand or help her with managing her few possessions? Are we frightened of the homeless though the circumstances in which we encounter them are perfectly safe? Do we shrink from being seen near them or dealing with them? Is his smell and dirtiness alone enough to repel us? Or, if he is not in this extreme condition, does the fact that he is without work or an apartment or an automobile make us treat him as if he were ‘different’ or wholly other? Then we have not truly beheld our own lost and ruined condition, and because of this we cannot heartily love our brother and sister.” – Dallas Willard

 

Wat is in ‘n naam?

In baie samelewings is die keuse van name vandag arbitrêr en lukraak. Ons vernoem ons kinders na ons voorouers of na iemand wat ons bewonder het. Meestal heg ons nie veel betekenis aan name nie – “ek het van daardie een gehou!” Ons name sê nie juis vir ander mense wie ons is nie. Soms identifiseer name ‘n persoon se familie of sy plek van oorsprong: Jesus van Nasaret en Franciskus van Asissi.

 

In die Bybel beteken name wel iets. God se name speel ‘n sleutelrol in ons verstaan van Hom. Sy verskillende name en titels gee vir ons ‘n prentjie van God, maar nie alles van Hom nie. Dit help ons beslis om Hom beter te ken, Hom te waardeer en hoe om op Hom te reageer.

 

Daar is drie basiese beginsels wat ons help.

  • God se name openbaar God se persoon – sy karakter. Dit onderskei Hom van alle ander persone. El en Elohim verheerlik Hom as almagtige; Jahwe verwys na die tydlose “Ek is.” So kan ons nog baie ander voorbeelde noem. Soms word God se name met sy aktiwiteite verbind – Regter, Rots, Herder, Verlosser, Vader, ens. Saam bied sy name vir ons ‘n wonderlike portret van God. Interessant is dat die Name Here, Verlosser en Heilige in die Ou Testament vir God gebruik word. In die Nuwe Testament word dit ook vir Jesus gebruik.
  • God se name verteenwoordig sy teenwoordigheid. Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! (Psalm 8:2). Ons loof U, o God, ons loof U; U is by ons, u magtige dade moet bekend gemaak word (Psalm 75:2). God se name en titels verteenwoordig sy nabyheid.
  • God se name is heilig. Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie (Eksodus 20:7). Godlastering vandag is algemeen. Dit is ‘n belediging van God en ‘n oortreding van die derde gebod. Ook in die Ons Vader-gebed lees ons: Laat u Naam geheilig word (Matteus 6:9). Die opdrag van die derde gebod geld steeds vir ons vandag.

 

Dit is duidelik dat ons baie van God kan leer deur net na sy Name te kyk. Dit is nie sommer lukraak gekies nie – dit beteken iets.

 

image_pdfimage_print