Wat sê jou handdruk van jou?

image_pdfimage_print

 

When people accept the absurd as normal, the culture is decadent.” — Jacques Barzun

 

Wat sê jou handdruk van jou?

Ons hoor dikwels dat mense sê dat ‘n prent beter as ‘n duisend woorde is. Waarvan mense nie altyd bewus is nie, is dat ‘n handdruk presies dieselfde doen. Die handdruk is die onuitgespreekte woord wat in feitlik elke sosiale en professionele bymekaarkom die gesprek inisieer. Hierdie manier van bekendstelling kan die gees van die omgewing maak of breek. Volgens ‘n studie in  Journal of Personality and Social Psychology moet mense aandag aan hulle handdruk gee. Mense oordeel en baseer hulle aanvanklike mening van jou op jou handdruk.

 

Om mee te begin moet jy eers ontdek wat jou handdruk tans van jou en jou persoonlikheid openbaar – wat is die eerste indruk wat jy maak.

 

  1. Die pap handdruk. In ‘n artikel in Forbes word hierna as “the limp noodle” verwys. Dit word gesien as die handdruk van iemand wat innerlik swak is. Baie mense sien dit as ‘n gebrek aan vertroue.
  2. Die beenvergruiser. Hierdie is die teenoorgestelde. Mense sal onmiddellik vra waarvoor jy oorkompenseer. Dit is dikwels die einde van die gesprek.
  3. Die modedwaas (“The fancy fool). Dit is vandag ‘n neiding om die handdruk “hip” te maak deur kreatief te raak en nuwe dinge te probeer. Hierdie is ‘n teken van onvolwassenheid en ‘n totale gebrek aan bewustheid. Dit moet tot jou koshuismaats en familie beperk word.
  4. Die draler. Jy het met ‘n goeie, ferm handdruk uitgereik, maar nou vergeet om te los. Hiermee vertel jy vir die ander persoon dat jy desperaat is. Leef volgens die twee-sekonde reël – los voor dit te laat is.
  5. Die vinnige handdruk. Hoe voel jy as jy met iemand praat en hy ignoreer jou? Dit is vergelykbaar met ‘n kort handdruk. Dit is nie net onbeskof nie, maar die boodskap wat jy oordra is baie negatief: jy gee nie om nie en jy het ook nie tyd vir die persoon nie.
  6. Jy kyk weg. ‘n Goeie handdruk stop nie by jou hand nie. Maak seker dat jy oogkontak maak en glimlag. As jy dit nie doen nie, sal mense jou sien as onseker, skaam en suspisieus.
  7. Die regte handdruk. Onthou om
  • Oogkontak te maak
  • Regop te staan
  • ‘n Goeie, ferm handdruk
  • Volg die twee-sekonde reël
  • Glimlag
  • Groet die ander persoon en herhaal sy naam.

Die boodskap wat jy met hierdie groet oordra, is dat jy betroubaar, voorbereid, oortuig en gedrewe is. Met hierdie handdruk maak jy ‘n gunstige eerste indruk.

 

image_pdfimage_print