Wees sterk, werk hard, onderrig ander

image_pdfimage_print

There is nothing more important to learn about Christian growth than this: Growing in grace means becoming like Christ. —Sinclair Ferguson

 

Wees sterk, werk hard, onderrig ander

Dra jou deel van die ontberings soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus (2 Timoteus 2:3)

Grete Waitz van Noorweë stel ‘n wêreldrekord op in die eerste maraton waaraan sy deelneem. Sy was die houer van die wêreldrekord  in die 3 000 meter, maar het nog nooit vantevore ‘n maraton gehardloop nie. Toe sy in 1978 eerste die wenstreep in die New York maraton bereik, het niemand geweet wie sy is nie. Sy wen nege New York maratons – iets wat niemand haar nog nagedoen het nie.

 

 

Grete Waitz is die soort atleet waarna Paulus in 2 Timoteus 2:1 – 7 verwys. Hy gebruik hier beelde van ‘n soldaat, ‘n atleet en ‘n boer. Hy begin hierdie hoofstuk met: Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat ons in Christus Jesus het. Of hy nou vervolg word of dwaalleer moet bestry, moet Timoteus sterk staan in die evangelie. Hoe moet hy dit doen? Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer. Hulle sou saam met Timoteus die stryd teen die dwaalleraars voer.

 

Die drie illustrasies beskryf die pad van swaarkry, diens, volharding en trou wat Paulus en Timoteus gekies het om te stap. Die beeld van die soldaat (vers 3 – 4) beklemtoon doelgerigtheid. ‘n Soldaat verduur wat nodig is om sy sending suksesvol af te handel. Sy aandag word nie deur “gewone dinge” afgetrek nie, maar bly op gehoorsaamheid gefokus.

 

Die beeld van die atleet beklemtoon oorwinning (vers 5). ‘n Atleet oefen en neem deel met toewyding in ‘n poging om die prys te wen. Daarom moet hy volgens die reëls meeding. Dit beteken hy moet hom aan gesag onderwerp. Om die reëls van die spel te ken en te volg is ekwivalent aan gesonde leer en reg leef in die Christelike lewe.

 

Die beeld van die boer beklemtoon die oes. Die boer werk volhardend om sy koring te versorg; hy vertrou op die natuurlike groeiprosesse en kry die beloning.

 

Die beelde van ‘n soldaat, atleet en boer kry ons dwarsdeur die Bybel. Koning Dawid was ‘n soldaat en Paulus sê ons moet die wapenrusting van die soldaat aantrek (Efesiërs 6:10 – 17). Dit sal ‘n goeie oefening wees om hierdie drie beelde vir verdere Bybelstudie te gebruik.

 

Geestelik, wat beteken dit om ‘n soldaat, atleet of boer te wees?

 

image_pdfimage_print