Woorde uit die Bybel – Geloof (1)

image_pdfimage_print

In other words, we want to end war, hunger and poverty in our lifetime. But we do not posses the will to let someone merge in front of us in traffic, and do so with a smile. Matthew B. Redmond

 

Woorde uit die Bybel – Geloof (1)

When I use a word it means just what I choose it to mean – neither more nor less – Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 God spreek mense vry slegs omdat hulle glo, nie omdat hulle die wet gehoorsaam nie (Romeine 3:28). Hier kry ons die groot verskil tussen die Joodse en Christelike godsdiens. Tydens die Hervorming was een van die hoekstene sola fida – deur geloof alleen. Vandag word die klem op alleen weer bevraagteken.

 As geloof dan so belangrik is: Wat is geloof? Vertroue sonder ‘n voorwerp waarop vertrou word, is nie geloof nie; vertroue op die leer van ‘n spesifieke kerk is nie geloof nie. Maar wie is die voorwerp van Christelike geloof? Paulus sê dit is almal wat glo in God (Romeine 4:24) en vir mense wat in Jesus Christus glo (Romeine 3:22). Goed en wel, maar wat beteken dit in die praktyk?

  • Ek glo in God se beloftes.
  • Ek glo in die opstanding van Jesus Christus: Dit is baie maklik om gered te word. Al wat jy moet doen, is om met jou woorde te erken Jesus is die Here en om met alles in jou te glo God het Hom uit die dood laat opstaan (Romeine 10:9).
  • Ek glo aan die evangelie: Ruk julle reg en draai na God toe. Luister na die goeie nuus (= die evangelie) en maak dit julle eie (Markus 1:15).
  • Ek glo aan die getuienis van die apostels: Op daardie dag wanneer Christus terugkom, gaan al hierdie dinge waaroor ek nou met julle praat voor julle eie oë gebeur. Almal wat aan Hom behoort, sal dan in bewondering voor Hom kom staan. Julle sal ook daar wees vir die fees, want julle het ons prediking met julle hele lewe geglo (2 Tessalonisense 1:10).

 Met hierdie as agtergrond kan ons volgende keer na die Bron van ons geloof kyk.

 

image_pdfimage_print

You may also like...