Kan mens Geloof hê Sonder gebed? – Johann Voges
‘n Leser vra:
Stelling: mens kan nie bid sonder geloof dat jy sal ontvang waarvoor jy gebid het nie. Hoop, geloof en vertroue loop hand aan hand.
MAAR
Kan mens geloof hê sonder gebed? Is die stelling van geloof, hoop en vertrou ook hier van toepassing? En indien so, hoe werk dit dan? Vir wie en waarvoor sê mens dan dankie?
Immers staan daar geskrywe: bid sonder ophou
Wees in alles dankbaar
Dank God…
Antwoord:
Dr Johann Voges antwoord
Gebed is eienaardig… soms bid ek opreg en met erns, om daarna te ervaar ek kon netsowel maar stilgebly het want daar het eintlik niks van gekom nie. Ander kere is my gebede sommanet omdat ek skuldig voel om nie te bid nie, en dan antwoord die Here daarop beter as wat ek ooit sou kon vra. Sou dit wees waarom die Bybel sê… moet nooit ophou bid nie. Self daar waar mens begin dink dis net mal mense wat nog glo in gebedsverhoring of daar waar ek begin wonder wat is die kans dat die Here na my deurmekaar gebrabbel gebedjie sou wou luister.
Paulus sê in Rom 8:26 – 27 “Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid Dit gaan nie hier oor ’n reg of verkeerd bid of kan of nie kan bid nie”… asof Paulus hiermee probeer sê ek weet nie hoe of wat om te bid nie, maar soos ’n kind probeer ek in my brabbeltaal vir my hemelse Vader vertel wat my pla… gelukkig verstaan Hy my brabbeltaal en weet wat ek nodig het, net soos ’n ma kan.
Gaan ook na ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za) en tik by die soekfunksie in “gebed” en jy sal die volgende artikels daarin kry, wat jou vraag verder sal antwoord…
- Ek glo dat al my gebede gehoor en verhoor word!!! – Johann Voges (https://www.bybelkennis.co.za/ek-glo-dat-al-my-gebede-gehoor-en-verhoor-word-johann-voges/)
- Die Heilige Gees, Jesus, en gebed – Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/die-heilige-gees-jesus-en-gebed-hermie-van-zyl/)
- Die vleuels van gebed (1) – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/die-vleuels-van-gebed-1/)
- Perspektief op gebed – (‘n reeks van 1 – 29) – Jan van der Watt
- Gebed-Vraag – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/gebed-vraag/)
Skrywer: Dr Johann Voges