Category: 300 Geloofsvrae wat mense die meeste vra ( Boek )

image_pdfimage_print

Geloofsvrae: Goeie werke

Geloofsvrae: Goeie werke – Adrio König

Goeie werke

Goeie werke is een van die gestaltes wat die evangelie in die wêreld aanneem. (‘n Ander gestalte sal ons in die heiliging van strukture bespreek. ‘n Mens sou ook kon sê dit is deel van die doel van God met ons. Ons lees selfs dat God ons bestem het om goeie werke te doen (Ef 2:10). Hy gee sy wet aan sy volk sodat hulle kan weet hoe Hy wil hê dat hulle in die verbond moet lewe. Die wet, die tien gebooie, speel dan ook hoe langer hoe meer ‘n belangrike rol in die Bybel, eers by die profete en later in die NT.

Geloofsvrae: Heiligmaking

Geloofsvrae: Heiligmaking – Adrio König

Heiligmaking

Die heilsweg bestaan nie uit ‘n aantal stasies wat ‘n mens een na die ander aandoen en agterlaat nie: bv. eers weergeboorte en dan bekering en dan regverdiging, en dan geloof nie. Maar daar is ‘n sin waarin ons tog van fases kan praat. Daar is ‘n begin, en daar is ‘n voortgang. Die begin is reeds behandel. Die voortgang kom nou aan die beurt.

Geloofsvrae: Begrippe vir die heilsweg: Weergeboorte

Geloofsvrae: Begrippe vir die heilsweg: Weergeboorte – Adrio König

Weergeboorte

Die begrip weergeboorte kom as sodanig nie dikwels in die NT voor nie (Joh 3:3-7 as `opnuut gebore word,’ Tit 3:5 waar dit aan die doop verbind word, en Mat 19:28 waarvolgens die hele skepping `nuut gemaak word’). In hierdie lig is dit nogal vreemd dat dit onder sommige groepe so ‘n sentrale begrip is.

 

Geloofsvrae: Begrippe vir die heilsweg: Geloofsekerheid

Geloofsvrae: Begrippe vir die heilsweg: Geloofsekerheid – Adrio König

Geloofsekerheid 

Onder geloofsekerheid (of heilsekerheid of sekerheid van saligheid) word verstaan dat ‘n mens nie in twyfel hoef te leef oor jou verhouding met die Here nie. ‘n Mens hoef nie maar net jou bes te doen en dan vir die beste te hoop nie.

image_pdfimage_print