Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Is die tekens van die eindtyd en wederkoms hier? – Kobus Kok
Willie vra:
2 Tessalonisense 2:3 ” Die Dag van die Here sal nie aanbreek voordat die opstand eers gekom en die wettelose mens , die mens wat vernietiging bring , na vore getree het nie.” Kan u help om die “opstand” waarna verwys word te verduidelik en wie die wettelose mens na wie Paulus hier verwys is. Ek wonder baie maal hoekom dit eers moet gebeur .
Die verskil tussen die NG Kerk en Gereformeerde kerk – Kobus Kok
Christine vra:
Ek wil graag weet wat die verskil is tussen die NG kerk en die Gereformeerde kerk.
Hoe om kop bo water te hou – Kobus Kok
Willie vra:
Filippense 4:6 – “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God terwyl julle Hom dank vir alles wat Hy doen. Dan vers 7 ” As julle so bid sal julle God se vrede beleef. ” My vraag is wat presies beteken die vrede waarvan hier gepraat word , hoe ervaar ons dit of hoe moet ons dit reg verstaan? Vers 7 sê ons sal die vrede beleef- dit klink vir my ons sal dit fisies ervaar? Kan dit wees dat ek my minder sal bekommer en dat ek dan sal kan glo God het die probleem oorgeneem, in plaas daarvan dat ek my tot stilstand bekommer en so op die probleem fokus dat , al bid ek ,my fokus net op myself en die probleem is ?
Mense wat uit die grafte kom met Christus se dood in Matteus 27 – Kobus Kok
Willie vra:
In Matteus 27:52 staan daar ” En God het die liggame van baie gelowiges wat reeds dood was , weer lewendig gemaak – vers 53 “Hulle het uit die grafte gegaan en na Jesus se opstanding het hulle aan baie mense verskyn” Die blyk dat die mens wat sterf en na God toe gaan , sonder sy liggaam gaan – die ontslapene is by Christus en ons weet Christus is nie in die graf nie – Openbaring 6:9-11 sê Johannes hy het die siele van die mense gesien wat doodgemaak is omdat hulle aan die Woord van God vasgehou het My vraag is was die mense wat opgestaan het in Matteus 27 se siele reeds by God in die hemel en moes hulle toe al die pad terugkom aarde toe om weer daar met hulle liggame verenig te word, ten einde op te staan uit die grafte uit ?