Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake

image_pdfimage_print

Ons behoort aan twee kerke

Ons behoort aan twee kerke – Jan van der Watt

ʼn Leser vra:

My vriendin was in die NG kerk en is klein gedoop. Sy het in Augustus oorgegaan na die AGS kerk toe en is groot gedoop. Ek is nog lidmaat van die NG kerk en my hart lê nog by die NG kerk. Tog gaan ek graag saam met haar na haar kerk toe.

Paulus se vervolging van Christene

Paulus se vervolging van Christene – Jan van der Watt

Erika vra:

Hoekom het Paulus die Christene vervolg? Wat was dit wat die Joodse geloof en reëls en Fariseërs gehad het teen Jesus in Paulus se tyd? As ek dit reg verstaan het Paulus se vervolging van Christene plaasgevind omdat hulle in Jesus geglo het. Tog het hulle rede gehad om in Jesus te glo, want hy was toe reeds op aarde gewees, gekruisig en het opgestaan. Oorlewing moes dit tog so oorgedra het aan die Jode in Paulus se tyd? En hoekom moes die Christene doodgemaak word? Kon hulle nie maar soos vandag keuses gehad het nie?

Mag ‘n Christen wat geskei het weer met iemand anders trou?

Mag ‘n Christen wat geskei het weer met iemand anders trou? – Kobus Kok

Voordat ons hierdie vraag begin beantwoord moet ons vir mekaar dit duidelik stel dat die Bybel van die begin af al dit duidelik maak dat getrouheid ʼn wesenlike element van ʼn mens se verhoudingslewe moet wees. In die Ou Testament word die verhouding tussen ʼn man en ʼn vrou dikwels as analogie (voorbeeld) gebruik om te verduidelik hoe God getrou is aan sy beloftes aan sy volk wat telkens ontrou is. Trouheid is met ander woorde ʼn baie belangrike motief regdeur die Bybel.

image_pdfimage_print