Die brein van die vrou verskil werklik van die brein van die man

image_pdfimage_print

“Suffering is unbearable if you aren’t certain that God is for you and with you.”  Tim Keller

Die brein van die vrou verskil werklik van die brein van die man

‘n Baie interessant stuk navorsing gepubliseer in die Proceedings of the National Academy of Sciences. Hulle het die MRI (breinskanderings) van 949 mense tussen 8 en 22 jaar oud ontleed. Hulle bevinding is dat die manlike brein meer verbindings in elke hemisfeer (halwe bol of sfeer) het, maar dat die vroulike brein meer verbindings tussen die twee helftes het. Daar is dus verskille in die brein se strukturele argitektuur tussen mans en vroue.

 

In mans loop die bane heen en weer in elke hemisfeer. In vrouens sigsag hulle tussen die linker (die logiese) en die regterkant (die kreatiewe) kante van die brein. Wat beteken dit? Mans is geneig om sake te sien en op te los, want daar is sterk verbindings tussen die “waarneming” en “aksie” dele van die brein. Vroue, daarenteen,  is meer geneig om logika en intuïsie te kombineer as hulle ‘n probleem moet oplos.

Ons moet egter nooit die rol van kultuur onderskat nie. Kultuur vorm ons denkproses en bepaal wat ons met ons breine doen – maak nie saak hoe ons breine gestruktureer is nie. “Acknowledging brain effects by gender does not mean these are immutable, permanent determinants of behavior, but rather they may play a part within a multitude of factors and certainly can be shaped by social and environmental influences.” (Anke Ehrhardt , professor in psigiatrie aan die Universiteit van Columbia se mediese skool).

image_pdfimage_print