Die leer van die hel (1)

image_pdfimage_print

The law never came to save men. It never was its intention at all. It came on purpose to make the evidence complete that salvation by works is impossible – Spurgeon.

 

Die leer van die hel (1)

J. D. Greear het ‘n blogreeks oor die hel geskryf. Hoekom? Want dit was ‘n onderwerp wat veroorsaak het dat hy amper sy geloof verloor het. Hy sê dat die hel ‘n moeilike werklikheid is, maar dit is iets wat die Bybel ons leer. Ons kan nie vir God en sy wêreld verstaan as ons nie stoei met die leer van die hel nie. Wanneer laas het jy ‘n preek oor die hel gehoor? Daar is soveel verwarring oor hierdie onderwerp dat ek besluit het om na hierdie artikels te kyk.

C. S. Lewis skryf oor die hel: “There is no doctrine which I would more willingly remove from Christianity than this, if it lay in my power.” Ek dink meeste van ons sou met hom saamstem. Die hel is ‘n moeilike werklikheid, maar die Bybel praat daarvan – ons kan dit nie sommer uitvee nie. Kom ons begin met ‘n paar stellings:

 

  • Hel is wat die hel is omdat God is wie God is

Die Bybel sê vir ons dat God se heiligheid en volmaaktheid so volledig is dat ons dit nie sou oorleef as ons Hom sou sien nie (Eksodus 33:20). Toe Jesaja vir God op sy troon sien, roep hy verskrik uit: Dit is klaar met my! Ek is verlore! (Jesaja 6:5). God vertel vir ons van die hel om die grootheid van sy heiligheid te wys. Die hel moet ons monde laat oophang as gevolg van God se geregtigheid en heiligheid. Ons moet bewe voor sy majesteit.

  • Jesus praat meer oor die hel as enigeen anders in die Bybel

Hel is nie iets wat net in die Ou Testament voorkom nie. Ons het ‘n beeld van Jesus gebou – sag, vol deernis en liefde – wat korrek is, maar onvolledig is. As ons die versies tel, het Jesus meer oor die hel as oor die hemel gepraat! Ons kan nie die idee van die hel vermy deur net op ‘n “sagte, deernisvolle” Jesus te fokus nie.

  • Die werklikheid van die hel wys vir my die omvang van God se liefde om my te red.

Hoekom praat Jesus so baie van die hel? Hy wou hê ons moet sien wat Hy aan die kruis sou verduur. Sy dood was nie maklik nie. Die ergste was egter die skeiding van sy Vader: My God, my God, waarom het U My verlaat (Matteus 27:46). Die hel wys vir ons hoe ver God sou gaan om ons te red.

  • Mense is ewig

C. S. Lewis sê dat die hel ‘n noodwendige afsluiting vir die Christelike geloof dat mense gemaak is om vir ewig te leef, is.

 “Christianity asserts that every individual human being is going to live for ever, and this must be either true or false. Now there are a good many things which would not be worth bothering about if I were going to live only seventy years, but which I had better bother about very seriously if I am going to live for ever. Perhaps my bad temper or my jealousy are gradually getting worse—so gradually that the increase in seventy years will not be very noticeable. But it might be absolute hell in a million years: in fact, if Christianity is true, Hell is the precisely correct technical term for what it would be.”

 

  • In ‘n sekere sin stuur God niemand na die hel toe nie … ons stuur onsself

Ons sê voortdurend vir God om ons uit te los – ons wil ons eie ding doen. Uiteindelik sê Hy vir Ons: “Reg so.” As God uit ons lewens gaan, gaan al sy gawes saam met Hom uit my lewe – liefde, vriendskap … Ek het ‘n keuse: leef met God of leef sonder God. As ek besluit ek wil eerder sonder God leef – dit is wat hel is.

 

  • In ‘n sekere sin stuur God wel mense na die hel toe; en sy weë is waar en regverdig.

Ons kan kwaad wees vir God, maar ons kan Hom tog nie reghelp nie. Paulus sê ons in ‘n hoop klei. Hoe kan ons dan die Goddelike Pottebakker bevraagteken. Jesaja sê: Almal wat teen Hom tekere gegaan het, sal beskaamd daarvan afkom wanneer hulle voor Hom moet verskyn (45:24). Dan sal ons besef hoe volmaak God se weë is. Elke keer as ons vanuit die ewigheid terugkyk na ons lewens sal ons verbaas staan, nie oor die graad van sy straf nie, maar oor die groothartigheid van sy genade.

 

  • Dit is nie genoeg dat God ons uit die hel neem nie; Hy moet die hel uit ons neem

Baie mense het ‘n probleem om die hel te gebruik as ‘n manier om mense te dwing om te glo. Dit is so asof God sê: “Dien My of ….” Dit lyk soos manipulasie. God stem saam. As mense God volg net omdat hulle bang is of omdat Hy ‘n groot wonderteken gedoen het, verander die gesindheid van hulle harte teenoor God nie. As ons nie die Vader liefhet nie, dan sal om in sy huis te leef vir ons soos slawerny voel. Net ‘n ondervinding van die hart kan die fundamentele struktuur van my hart verander. Dit is nie voldoende vir God om ons uit die hel te neem nie; Hy moet ook die hel uit ons neem.

 

Baie mense het ernstige besware teen die leer van die hel. Daarna sal ons volgende keer kyk.

 

image_pdfimage_print

You may also like...